Menu

Radiokansel

Tuis

Radiokansel Facebook Radiokansel Twitter

A+ A A-

SASOSTWFTPage

Die Woord vir Vandag

Spreuke 27:21 NLV 
2018-04-18Geskryf deur Bob en Debby Gass
Pasop vir vleiery
Die woord vleier kom van 'n Franse term wat beteken 'om te klop, te streel of te liefkoos.' Dus is 'n vleier iemand wat jou met een hand op die skouer sal klop en in sommige gevalle met die ander hand jou in die rug sal steek. Vleiery is iets wat 'n persoon in jou gesig vir jou sal sê, maar nie agter jou rug nie. Dis onopregte lof vanuit 'n onopregte beweegrede. Die Bybel waarsku ons om daarvoor versigtig te wees: 'Loop katvoet vir die man wat jou altyd loop en vlei. Hy bedoel dit nie regtig nie. Dit is soos 'n net wat hy oor jou gooi en waaruit jy nie kan loskom nie' (Spreuke 29:5 DB). Salomo sê dat jy op die lange duur beter af is met 'n persoon wat jou kritiseer as 'n persoon wat jou vlei. 'Die een wat ander berispe kry op die einde waardering, en nie die persoon wat ander vlei nie' (Spreuke 28:23 NLV). Wanneer dit by vleiery kom, moet jy altyd hierdie twee dinge in gedagte hou: 1) Prys spaarsamig maar opreg, met slegs die beste vir die ander persoon in gedagte. 2) Ontvang lof met wysheid, sonder om jouself of die persoon wat jou prys te ernstig op te neem. Onthou altyd dat vleiery die wapen is wat Satan teen Adam en Eva in die tuin van Eden ingespan het: '...Julle sal dan net soos God alle kennis hê' (Genesis 3:5 NLV). Dis hoekom Salomo skryf: "'n Smeltkroes bepaal die gehalte van silwer, die vuuroond bepaal die suiwerheid van goud. 'n Mens se waarde word bepaal deur wat mense van hom sê." Die vraag wat jy jouself altyd moet afvra wanneer iemand jou prys is dus: Laat dit my 'n groter kop, of 'n groter hart kry?
Deel hierdie op Twitter | Deel hierdie op Facebook
Skakels na Bybelverse:You Version
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Teken in

Gaan Na

Skakel met ons

ProudlySA

bg-004
bg-006
bg-003
bg-002
bg-001
bg-005