Die Woord vir Vandag

Deuteronomium 8:18 NLV 
2015-09-03Geskryf deur Bob en Debby Gass
Kom ons onthou dit vandag!
Op 3 Maart 1863, het Abraham Lincoln, wat ontroerd was deur die verwoesting van die burgeroorlog, 'n proklamasie vir 'n nasionale vasdag afgevaardig: 'Dit is die plig van nasies, sowel as die mense, om hul afhanklikheid van die oorheersende mag van God te erken, om hulle sondes en oortredinge nederig te berou, om met versekering te weet dat ware bekering tot genade en vergifnis sal lei, om die heerlike waarheid wat in die Heilige Skrif aangekondig is en deur die jare bewys is te herken, dat net die nasies wat God die Here dien, geseën word... Ons is die ontvangers van die beste skatte in die hemel. Ons het vir jare in vrede en voorspoed geleef, ons het in getalle, rykdom en mag gegroei, meer as wat enige ander nasie al ooit gegroei het. Maar ons het God vergeet. Ons het die genadige hand wat ons in vrede bewaar het vergeet, die hand wat ons verryk, vermeerder en versterk het, en ons het onsself vergeefs verbeel dat al hierdie seëninge deur ons eie wysheid en deugde bewerkstellig is. Dronk van ons ononderbroke sukses, het ons te selfonderhoudend geword om die noodsaaklikheid van verlossende en bewarende genade te erken, ons het te trots geword om tot die God wat ons gemaak het te bid! Ons moet onsself voor die Here verootmoedig, ons nasionale sondes bely, en bid vir genade en vergifnis.' God het Israel gewaarsku: 'Wanneer... jou goud en silwer vermeerder... Onthou altyd dat dit die Here jou God is wat vir jou die krag gee om ryk te word. Hy doen dit om die verbond... na te kom' (Deuteronomium 5:13,18 NLV). Kom ons onthou dit vandag!
Sielskos: Job 22-24; Kol 2
Deel hierdie op Twitter | Deel hierdie op Facebook
Skakels na Bybelverse:You Version
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Teken in

sl-001
sl-002
sl-003
sl-004
sl-005
sl-006