Die Woord vir Vandag

Genesis 32:27 NLV 
2017-05-21Geskryf deur Bob en Debby Gass
Hoe verandering plaasvind (3)
Verandering vind deur belydenis plaas. Toe hy homself as 'Jakob', wat 'bedrieër' beteken, geïdentifiseer het, het Jakob sy karakterfoute erken. Dit is 'n belangrike deel in God se proses om ons te verander, omdat ons nooit verander tot ons ons foute, sondes en swakhede eerlik in die gesig staar nie. Ons moet sê, 'Here, ek het 'n probleem, ek is in 'n gemors en ek het foute gemaak.' Dan kan God aan jou begin werk. Het jy al ooit agtergekom hoe maklik dit is om verskonings te maak? Ons word meesters daarin om ander te blameer en sê dinge soos, 'Dis nie my skuld nie. Dis die omgewing waarin ek grootgemaak is se skuld - my ouers dra die blaam.' Of, 'Die slegte situasie by die werk is my baas se skuld.' Hoekom praat ons so en tree so op? Omdat dit moeilik is om ons persoonlike foute en mislukkings te erken en omdat dit moeilik is om hulp te vra. Hoekom moet ons ons foute aan God erken? Sodat Hy kan weet wat aangaan? Nee, Hy weet dit al klaar! Wanneer ons aan God erken dat ons gesondig het, verras dit Hom nie; Hy weet van al ons probleme. Ons bely ons sondes aan Hom omdat Hy wil hê dat ons moet sê, 'U is reg, Here, ek het 'n probleem. Ek het 'n gemors daarvan gemaak.' Dis verootmoedigend om ons foute te erken, maar wanneer ons dit begin doen, gee God ons toegang tot Sy krag wat ons positief verander. Op daardie punt begin ons om die mens te wees wat ons nog altyd wou wees . Die waarheid is: God is lief vir jou net soos jy is - maar Hy is te lief vir jou om jou net so te laat staan.
Deel hierdie op Twitter | Deel hierdie op Facebook
Skakels na Bybelverse:You Version
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Teken in

sl-001
sl-002
sl-003
sl-004
sl-005
sl-006