Die Woord vir Vandag

Psalm 119:58 NLV 
2017-08-14Geskryf deur Bob en Debby Gass
Begin om vir God se guns te bid
Een oomblik van God se guns sal meer vir jou beteken as 'n leeftyd se probeerslae. As jy in God se guns begin wandel, word daar deure oopgemaak, die regte mense word na jou toe aangetrek, en jy ontdek idees, strategieë en hulpbronne op die mees onverwagte plekke. Beteken dit dat jy nie teenstand sal ervaar nie? Nee, wanneer jy enigiets van waarde doen, moet jy teenstand van diegene wat nie deel het aan God se plan vir jou lewe nie, verwag. Die Bybel sê egter, 'Die Here stuur die koning soos Hy wil. Dit is soos 'n stroom water wat Hy afkeer' (Spreuke 21:1 NLV). Soos om die rigting van 'n bewegende stroom te verander, so kan God mense se harte verander en jou guns by diegene gee wat jou andersins sal verwerp of oor die hoof sien. Salomo skryf, 'As die Here gelukkig is met die manier waarop iemand lewe, sal Hy selfs sy vyande in vrede met hom laat lewe' (Spreuke 16:7 NLV). Wanneer mense jou dus teenstaan of nie met jou saamstem nie, konsentreer net daarop om God te behaag en laat Hom toe om die situasie te hanteer. God kan jou seën op maniere wat menslik gesproke, jy nie verdien of voor kwalifiseer nie. Net soos die Heilige Gees Jesus toegerus het om Sy missie vir Sy lewe te vervul, so sal Hy jou ook toerus om Sy plan vir jou lewe te vervul (sien Lukas 4:18-19). Hou dus op om so hard te probeer om dinge op jou terme te laat gebeur en begin om vir God se guns te bid. Hy het dit aan jou beloof en Hy kom altyd Sy beloftes na.
Deel hierdie op Twitter | Deel hierdie op Facebook
Skakels na Bybelverse:You Version
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Teken in

sl-001
sl-002
sl-003
sl-004
sl-005
sl-006