Die Woord vir Vandag

Spreuke 18:24 AFR53 
2017-10-07Geskryf deur Bob en Debby Gass
Vriendskap (1)
Met 'n paar uitsonderings, hang jou sukses in die lewe af van jou vermoë om verhoudings met die regte mense te vorm en te onderhou. Volgens 'n verslag deur die American Management Association, is die konsensus van tweehonderd bestuurders wat aan 'n opname deelgeneem het, dat die belangrikste vaardigheid van 'n besigheidsmens sy of haar vermoë is om met ander mense oor die weg te kom. Hulle het hierdie vaardigheid hoër as intelligensie, beslistheid, kennis of werksvaardighede gestel. Om eerlik te wees, maak geeneen van ons baie ware vriende in ons leeftyd nie - of altans, ons behoort dit nie te doen nie! Salomo waarsku ons, "'n Man met baie vriende word geruïneer..." Vriendskappe verg tyd, energie en opoffering. Nie elke sogenaamde vriend sal homself as een bewys nie, soos Jeremia vir koning Sedekia gewaarsku het: '...U sogenaamde vriende het u in die steek gelaat! Hulle het u mislei. Noudat u voete in die modder gesink het, waar is u vriende nou?..' (Jeremia 38:22 NLV). Hier is dus 'n goeie beginsel om volgens te lewe: Wees vriendelik met almal, maar moenie almal as 'n vriend aanvaar nie. Salomo het gesê, 'Gelowiges laat vriende vir hulle wys wat om te doen. Slegte mense lei ander die afgrond in...' (Spreuke 12:26 DB). Charles Spurgeon het gesê, "'n Man word geken aan die geselskap wat hy vermy, sowel as die geselskap wat hy kies." Die Hebreeuse woord vir 'kies' is tur, wat in die Ou Testament na 'n man verwys wat die land verken. As jy dus wys is, sal jy jou vriendskappe verken en evalueer voor jy dit betree. Jy sê, 'Maar ek is eensaam.' Soos George Washington gesê het, 'Dit is beter om alleen as in slegte geselskap te wees.'
Deel hierdie op Twitter | Deel hierdie op Facebook
Skakels na Bybelverse:You Version
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Teken in

sl-001
sl-002
sl-003
sl-004
sl-005
sl-006