Die Woord vir Vandag

Spreuke 13:20 NLV 
2017-10-09Geskryf deur Bob en Debby Gass
Vriendskap (3)
Daar word 'n verhaal vertel van 'n boer wat elke dag deur 'n swerm kraaie in sy mielieland getreiter is. Hy het besluit dat hy genoeg gehad het, sy haelgeweer gelaai en ongesiens die landery ingekruip om die pestilensies vir eens en vir altyd te gaan skiet. Hy het egter 'n baie sosiale papegaai gehad wat met almal vriende gemaak het en toe hy die klomp kraaie sien, het hy na hulle toe gevlieg om te probeer vriendelik wees. Die boer het die kraaie gesien maar nie sy papegaai nie, dus het hy versigtig gemik, geskiet en nader gehardloop om te sien hoeveel kraaie hy raakgeskiet het. Daar lê sy geliefde papegaai toe op die grond met 'n gebreekte vlerk en 'n stukkende snawel, maar steeds lewendig. Die boer het hom saggies opgetel en huis toe gedra, waar sy kinders uitgehardloop het om hom te ontmoet. Toe hulle die papegaai sien, het hulle tranerig gevra, 'Pappa, wat het gebeur?' Voor die boer egter kon antwoord, het die papegaai gesê, 'Dis wat gebeur wanneer jy met die verkeerde vriende uithang.' Jy kan nooit op die regte plek, op die regte tyd, besig wees om die regte ding te doen, as jy met die verkeerde vriende uithang nie. As 'n ouer, is dit jou plig om dit vir jou kinders te leer. Monitor hulle internetgebruik en waarsku hulle oor aanlynrowers wat na 'vriende' soek. Jy sê, 'Maar ek kan nie eers 'n rekenaar aanskakel nie!' As jy lief is vir jou kind, sal jy leer om dit te doen! Webgebaseerde gruwelverhale van kinders wat seergemaak word of op die verkeerde pad gelei word neem daagliks toe. As dit dringend klink, is dit omdat dit is!
Deel hierdie op Twitter | Deel hierdie op Facebook
Skakels na Bybelverse:You Version
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Teken in

sl-001
sl-002
sl-003
sl-004
sl-005
sl-006