Die Woord vir Vandag

Hebreërs 4:12 NLV 
2017-10-13Geskryf deur Bob en Debby Gass
'n Aptyt vir God se Woord
Soos jy die Bybel lees, sal God jou krag en leiding vir jou lewe gee wat jy eenvoudig nie op 'n ander manier kan kry nie. Elifas het vir Job gesê: 'want Hy verwond, maar verbind ook weer. Hy tref ons, maar sy hande genees ook weer' (Job 5:18 NLV). Dis wat God met jou doen wanneer jy die Skrif lees: 'Die woord van God...sny diep tot binne-in ons innerlikste wese...' Ander mense sien wat ons doen, maar wanneer ons tyd met God spandeer en die Skrif oopmaak, openbaar Hy aan ons wie ons is. Hy bring onopgeloste kwessies na die oppervlak en help ons om hulle te hanteer. Hy konfronteer ons oor ons hardkoppige gewoontes en wys ons hoe om hulle te oorkom. Hy wys ons selfsugtige en liefdelose houdings uit en wys ons hoe om hulle te oorwin. Die ou Kwakers het 'n gesegde gehad: 'Sonde weerhou jou van die Bybel en die Bybel weerhou jou van sonde.' Jy sê, 'Maar wanneer ek in die oggende opstaan is ek so besig dat ek nie tyd het om die Bybel te lees nie.' Lees dit dan wanneer jy saans by die huis kom! Jy sê, 'Teen die tyd wat ek van die werk af by die huis kom, is ek moeg en kan ek op niks konsentreer nie!' Dan moet jy jou prioriteite herrangskik. As jy ure kan spandeer om televisie te kyk, kan jy sekerlik tyd in die dag spandeer om jou Bybel te lees. Die waarheid is dat ons tyd maak vir die dinge wat ons wil hê, die dinge wat ons waardeer en dit wat ons geniet. Vra dus vir God om jou 'n groter aptyt vir sy Woord te gee. Lees dan jou Bybel en sien hoe jou lus daarvoor groei!
Deel hierdie op Twitter | Deel hierdie op Facebook
Skakels na Bybelverse:You Version
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Teken in

sl-001
sl-002
sl-003
sl-004
sl-005
sl-006