Menu

Radiokansel

Tuis

Radiokansel Facebook Radiokansel Twitter

A+ A A-

SASOSTWFTPage

Die Woord vir Vandag

2 Konings 4:8 DB 
2017-11-30Geskryf deur Bob en Debby Gass
Die antwoord is op pad!
Die Bybel verwys na hierdie vrou as "'n vooraanstaande vrou." Dis omdat sy 'n 'vooraanstaande' strategie vir haar lewe gehad het! Sy het 'n slaapkamer in haar huis vir die profeet Elisa voorberei om te gebruik wanneer hy deur haar dorp gereis het. Gevolglik het sy haar hartswens ontvang: 'n babaseuntjie. Later jare, toe haar seun skielik gesterf het, het God vir Elisa gebruik om haar seun uit die dood op te wek. Let drie dinge oor hierdie vrou se verhaal op: 1) Sy het ruimte vir God gemaak. 2) Haar droom is vervul. 3) Toe haar droom sterf, het God dit weer lewendig gemaak (sien verse 36-37). Sy het geweier om die opinies van ongelowige mense te aanvaar of om haar situasie met mense wat ongekwalifiseerd is om te help, te bespreek. Wees versigtig teenoor wie jy in 'n krisis oopmaak! Maak seker dat hulle God ken en dat hulle woorde in lyn met Syne is. Hierdie vrou het geglo dat as God dit begin het, Hy dit kon beëindig. As Hy dit gemaak het, kon Hy dit regmaak. Die Bybel vertel ons dat Elisa homself oor die liggaam van die dooie seun uitgestrek het en hom warm gemaak het. Hierdie seun het egter meer as warmte nodig gehad - hy het lewe nodig gehad. Dus het Elisa weer op hom gaan lê en hy het lewendig geword. Maak nie saak hoe sleg dinge lyk nie, bly bo-op die situasie deur aan te hou om in God te glo. Bid die hele nag as jy moet, maar hou aan om op sy Woord te staan. Jou droom mag dalk nog nie ten volle lewendig wees nie, maar dit word warm. Dinge is aan die verbeter... God is aan die beweeg... die antwoord is op pad!
Deel hierdie op Twitter | Deel hierdie op Facebook
Skakels na Bybelverse:You Version
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Teken in

Gaan Na

Skakel met ons

ProudlySA

bg-004
bg-006
bg-003
bg-002
bg-001
bg-005