Menu

Radiokansel

Tuis

Radiokansel Facebook Radiokansel Twitter

A+ A A-

Die Woord vir Vandag

Spreuke 10:4 NLV 
2018-01-14Geskryf deur Bob en Debby Gass
Die deugsaamheid van vlyt
'n Vlytige werker is iemand wat skerp, beslissend en ywerig is. Hy of sy wil werk, maak 'n verskil en dra by tot hulle families en die samelewing. Die lewe skuld jou niks behalwe 'n geleentheid om sukses te behaal nie. Jy sal egter vir hierdie sukses moet werk. Een dag het twee tieners gesit en gesels toe die een sê, 'Ek is regtig bekommerd. My pa sloof hom af by die werk sodat ek niks kort kom nie. Hy betaal al my rekeninge en stuur my universiteit toe. Ma sloof haarself elke dag af deur my klere te was en te stryk en agter my aan skoon te maak.' Verward het sy vriend gevra, 'So waaroor is jy dan bekommerd?' Hy het geantwoord, 'Ek is bang die slawe ontsnap dalk!' Jy moet as ouer vir jou kind die deugsaamheid van vlyt leer. Moet dit nie net leer nie - lewe dit ook uit! Jy sal weet dat jy suksesvol is wanneer hulle nie meer geregtig op sakgeld voel of jou as 'n menslike OTM masjien sien nie. Jou kinders sal meer as die helfte van hulle wakende ure in hulle volwasse lewens by die werk spandeer en dis nodig dat hulle besef dat dit God se idee was en nie 'n vorm van straf nie. Sommige mense dink dat werk die gevolg van die vloek in Eden was, maar dit was nie. God het vir Adam aangestel om in die tuin te werk voor sonde op die toneel verskyn het (sien Genesis 2:15). Jesus was 'n timmerman (sien Markus 6:3). Paulus, een van die grootste Christene in die geskiedenis, was 'n tentmaker (sien Handelinge 18:1-3). Daar is niks eerloos aan werk wat die moeite werd is om gedoen te word en goed gedoen word nie.
Deel hierdie op Twitter | Deel hierdie op Facebook
Skakels na Bybelverse:You Version
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Teken in

Gaan Na

Skakel met ons

ProudlySA

bg-004
bg-006
bg-003
bg-002
bg-001
bg-005