Menu

Radiokansel

Tuis

Radiokansel Facebook Radiokansel Twitter

A+ A A-

Die Woord vir Vandag

1 Samuel 14:6 NLV 
2018-02-07Geskryf deur Bob en Debby Gass
Vertrou op God en neem aksie!
Gedurende die vroeë dae van Saul se koningskap, het die Filistyne die westelike grens van Israel beheer en is die grenslyne by die pas genaamd Mikmas getrek. Saul was tevrede daarmee om op die kantlyn te bly sit, maar Jonatan wou in die voorste linie wees. '...Kom ons gaan oorkant toe na die Filistyne se wagpos...' (vers 1 NLV). Dit was net Jonatan en sy wapendraer, dus het hulle kanse nie goed gelyk nie. Wanneer jy egter aksie neem wat deur God se glorie gemotiveer word, beweeg dit die hart en hand van God. Dit benodig 'n tree in geloof. Dit is dikwels die langste, moeilikste en skrikwekkendste tree wat jy ooit sal neem. Gewoonlik wanneer Israel se konings 'n stryd betree het, was dit omdat hulle 'n woord van die Here ontvang het wat hulle oorwinning verseker het. Jonatan het nie so 'n woord ontvang nie. Hy het eenvoudig gesê, '...Dalk help die Here ons...' Die meeste mense tree uit die teenoorgestelde sienswyse op: 'Miskien help die Here ons nie.' Hulle laat toe dat vrees, in plaas van geloof, hulle besluite dikteer. Hulle eindig dus saam met Saul op die kantlyn. Hoe het die stryd vir Jonatan en sy wapendraer uitgedraai? 'So het die Here Israel daardie dag gered...' (vers 23 NLV). Dit het net een moedige besluit geverg! Dis al wat dit ooit neem. Wanneer jy aksie neem, sal God namens jou optree. As jy nie aksie neem nie, sal jy altyd wonder 'wat as?' Ons grootste berou is wanneer ons nie optree nie - die dinge wat ons sou gehad het, kon gehad het, moes gedoen het maar nie gedoen het nie. Die woord vir jou vandag is dus: Vertrou op God en neem aksie!
Deel hierdie op Twitter | Deel hierdie op Facebook
Skakels na Bybelverse:You Version
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Teken in

Gaan Na

Skakel met ons

ProudlySA

bg-004
bg-006
bg-003
bg-002
bg-001
bg-005