Menu

Radiokansel

Tuis

Radiokansel Facebook Radiokansel Twitter

A+ A A-

SASOSTWFTPage

Die Woord vir Vandag

Spreuke 21:20 NLV 
2018-02-11Geskryf deur Bob en Debby Gass
Finansiële raad (1)
Dis dwaas om dinge te koop wat jy nie nodig het of kan bekostig nie, veral as jy rekeninge het om te betaal en jy nog niks vir die toekoms eenkant gesit het nie. Jou finansiële sekuriteit word bepaal deur dit wat jy skuld, nie deur dit wat jy verdien nie! Om jare te moet werk om jou skuld af te betaal, beperk jou opsies geweldig. Bepaal dus jou leefstyl volgens jou ware inkomste, nie deur wat jy wens dit was of wat jy hoop dit sal wees nie. Wanneer jy 'n verhoging kry, moet ook nie outomaties meer spandeer nie. Die Bybel sê, 'In 'n wyse mense se huis is altyd kosbare besittings en uitgesoekte olie. 'n Dwase mens gebruik alles op wat hy in sy huis het.' Een van die slimste dinge wat jy vandag kan doen is om vir die toekoms te begin spaar en om ten minste een tiende van jou inkomste vir God se koninkryk te saai, sodat jy 'n oes sal hê wanneer jy dit nodig kry (sien 2 Korintiërs 9:6). Is jou filosofie in die lewe, 'Hoekom wag en spaar wanneer 'n kredietkaart dadelik dit wat ek wil hê kan voorsien?' As jy dinge koop wat jy nie nodig het nie, met geld wat jy nie het nie, hou dadelik op daarmee! Voordat jy enigiets anders koop, vra jouself af of jy dit regtig nodig het. Selfs al voel jy dat jy dit nodig het, vra jouself af of jy 'n rukkie daarsonder kan lewe; andersins sal jy 'n slaaf van jou kredietkaartskuld word. Hier is goeie finansiële raad: Bid vir God se leiding voor jy enige nie-noodsaaklike aankope maak.
Deel hierdie op Twitter | Deel hierdie op Facebook
Skakels na Bybelverse:You Version
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Teken in

Gaan Na

Skakel met ons

ProudlySA

bg-004
bg-006
bg-003
bg-002
bg-001
bg-005