Menu

Radiokansel

Tuis

Radiokansel Facebook Radiokansel Twitter

A+ A A-

Die Woord vir Vandag

Spreuke 15:1 NLV 
2018-02-27Geskryf deur Bob en Debby Gass
Gevegsreëls
Selfs in die beste van huwelike sal argumente van tyd tot tyd voorkom. Met twee mense met verskillende temperamente, smake en denkwyses, hoe dan anders? Hier is dus 'n paar gevegsreëls: 1) Dink voor jy praat. Vra jouself af of dit vrees, stres of kommer kan wees wat jou maat se reaksie uitgelok het. Pla dit jou omdat jy onseker of ongewaardeerd voel? Neem tyd om te probeer identifiseer wat regtig aan die gang is. 2) Vra vir dit wat jy nodig het. Dis heeltemal in die haak om te erken dat jy sommige dae behoeftiger as ander dae is. Dr Gary Oliver sê: 'Wanneer 'n vrou elke keer paniekerig voel wanneer haar man laat by die huis kom omdat haar vorige man 'n affair gehad het, is dit in die haak om te sê, 'Ek weet dit is irrasioneel, maar vandag voel ek paniekerig.' Hierdie tipe eerlikheid versterk 'n verhouding. 3) Moet nooit dreig nie. Dreigemente maak jou maat net op die verdediging en onseker. Gevolglik kan hulle nie hoor wat jy sê nie en niks word opgelos nie. 4) Raak van die bagasie van vorige verhoudings ontslae. Die Bybel sê, 'Om ander lief te hê beteken... om nie elke liewe dingetjie wat iemand verkeerd doen te onthou sodat jy hom kan terugkry nie' (1 Korintiërs 13:4-5 DB). Dis verkeerd om van jou maat te verwag om hulself oor en oor te 'bewys.' Moenie aanneem dat ou verhoudingsprobleme hulself weer gaan herhaal nie. Dit sal nie gebeur as jy kommunikeer en groei nie. 5) Sê elke dag vir jou maat iets moois. Enige tyd wanneer jy aan iets goeds van jou eggenoot dink, stop en sê dit vir hulle. Onthou, skerp woorde kan wonde veroorsaak, maar "'n Vriendelike antwoord kalmeer die gemoedere..."
Deel hierdie op Twitter | Deel hierdie op Facebook
Skakels na Bybelverse:You Version
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Teken in

Gaan Na

Skakel met ons

ProudlySA

bg-004
bg-006
bg-003
bg-002
bg-001
bg-005