Menu

Radiokansel

Tuis

Radiokansel Facebook Radiokansel Twitter

A+ A A-

Die Woord vir Vandag

Spreuke 18:8 NLV 
2018-03-07Geskryf deur Bob en Debby Gass
Houtluise en skinderbekke
Die houtluis lewe aan die onderkant van 'n keëlvormige gat wat hy in die grond grawe. Wanneer die mier verbykom en aan die kant van hierdie keël wat die houtluis versigtig gemaak het, loop, voel die houtluis die korreltjies sand afgly wat vir hom die teken is dat daar 'kos' daar bo is. Op daardie punt begin hy grond op sy slagoffer gooi. Hy probeer inderwaarheid die mier na sy vlak toe aftrek. Dis wat ons doen wanneer ons skinder. Ons gooi grond op ander mense, in die hoop dat ons hulle na ons vlak toe kan aftrek. Dis hoekom Salomo gewaarsku het: 'Skinderstories is so soet soos lekkers. Jy sluk dit maklik, en dit sink tot diep in jou gemoed.' Die oor smag na skinderstories soos 'n honger maag na kos smag. Salomo gee verder hierdie waarskuwing: 'Iemand wat loop en skinder, lap geheime uit. Bly weg van iemand wat alte maklik praat' (Spreuke 20:19 NLV). As jy dus lippe wat skinder of gierige ore het, sê God vir jou, 'Moet dit nie doen nie!' Hier is iets wat jy dalk nog nie oorweeg het nie: Terwyl jy nooit geken en geoordeel kan word aan wat ander mense van jou sê nie, kan jy geken en geoordeel word aan wat jy van hulle sê. In die meeste gevalle is dit onwettig om te steel of gesteelde goedere te ontvang. Dis hoekom die apostel Paulus ons vermaan, "'n Beskuldiging teen 'n ouderling moet jy nie aanneem nie, tensy dit deur twee of drie getuies bevestig word" (1 Timoteus 5:19 AFR83). Nog 'n laaste gedagte: 'n Skinderbek moet altyd 'n medepligtige hê om die misdaad te pleeg. Die woord vir jou vandag is dus: Moenie skinderstories aanneem of herhaal nie.
Deel hierdie op Twitter | Deel hierdie op Facebook
Skakels na Bybelverse:You Version
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Teken in

Gaan Na

Skakel met ons

ProudlySA

bg-004
bg-006
bg-003
bg-002
bg-001
bg-005