Die Woord vir Vandag

Job 22:21 NLV 
2015-09-01Geskryf deur Bob en Debby Gass
Wat jy in die woestyn nodig het (5)
Wat is die een ding wat jy meer as enige iets anders nodig het wanneer jy jouself in die woestyn bevind? God! Dit is waarom die Here vir Moses aangesê het om die tabernakel te bou, en Hy het dit gebruik om sy mense te wys dat: 1) Hy ons gereeld wil ontmoet. Die woord 'tabernakel' beteken 'tent van ontmoeting'. God wil hê dat jy tyd saam met Hom moet spandeer. Hy wil hê dat jy Hom moet leer ken. Wanneer jy dit doen, sal jy jouself minder bekommer en Hom meer vertrou. Die Bybel sê, 'Onderwerp jou aan God, dan sal jy vrede hê...' Dis belangrik om te luister wanneer jy deur God se woord onderrig word, om ander gelowiges te ontmoet en deur hulle getuienisse aangemoedig te word. Op een of ander punt moet jy egter ophou om net met tweedehandse inligting om te gaan en begin om persoonlik met God te skakel. Jakobus skryf, 'Kom nader aan God, en Hy sal nader aan julle kom...' (Jakobus 4:8 NLV). 2) God wil die middelpunt van ons lewens wees. Elke aand wanneer die Israeliete kamp opgeslaan het, het die twaalf stamme hulle tente in formasie rondom die tabernakel opgeslaan, waar God se teenwoordigheid teenwoordig was. Elke man, vrou, seun en dogter kon in die ingang van hulle tent staan en God in hulle midde sien. Kan die boodskap enigsins duideliker wees? Wanneer jou diepste gevoelens en grootste ambisies rondom God gesentreer is, sal dit met jou goed gaan. 'Wees bly in die Here, en Hy sal jou hartsbegeertes aan jou gee' (Psalm 37:4 NLV). Die formule om voorspoedig in die woestyn te wees is om jou lewe rondom Christus te sentreer en jouself in sy Woord te verdiep!
Sielskos: Job 17-19; Ps 102
Deel hierdie op Twitter | Deel hierdie op Facebook
Skakels na Bybelverse:You Version
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Teken in

sl-001
sl-002
sl-003
sl-004
sl-005
sl-006