Die Woord vir Vandag

2 Korintiërs 3:18 NLV 
2017-05-19Geskryf deur Bob en Debby Gass
Hoe verandering plaasvind (1)
Verandering vind deur 'n krisis plaas. God het Jakob se naam, wat 'bedrieër' beteken, na Israel verander wat "'n prins by God" beteken. Hy het dit deur 'n krisis gedoen. Jakob het desperaat geword nadat hy besef het dat hy huis toe moet gaan en sy broer Esau in die gesig moet staar. Daardie nag in sy tent het hy met die engel van die Here gestoei. Die verandering in sy lewe het nie vinnig of maklik gebeur nie. Jakob het skielik besef dat hy besig was om met God te stoei en dat dit 'n geveg was wat hy nie kon wen nie. Net so sal God jou met 'n kwessie wat jy nie kan oplos nie laat stoei, om jou aandag te kry. Hy sal jou tot op 'n plek bring waar jy moet toegee, 'Ek kan nie hierdie situasie hanteer nie. Dis te groot vir my. Ek het God nodig!' As dit is waar jy vandag is, staan jy op die rand van 'n deurbraak. 'Soos 'n arend haar kuikens grootmaak... so sprei Hy sy vlerke en vang en dra hulle op sy vlerke. Net die Here bewaar hulle...' (Deuteronomium 32:11-12 NLV). 'n Arend sal haar kuikens by die nes uitskop om hulle te leer vlieg. Kan jy dink wat deur hulle koppe gaan? 'Dis my ma wat dit aan my doen!' God sal dieselfde aan jou doen. Hy sal 'n krisis toelaat om jou aandag te trek. Hy weet dat jy nie sal verander totdat jou vrees vir verandering deur die pyn wat jy ervaar, oorskadu word nie. Die punt is: 'Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here... Ons word al hoe meer verander om soos die Here te lyk...'
Deel hierdie op Twitter | Deel hierdie op Facebook
Skakels na Bybelverse:You Version
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Teken in

sl-001
sl-002
sl-003
sl-004
sl-005
sl-006