Die Woord vir Vandag

Spreuke 25:22 NLV 
2017-10-03Geskryf deur Bob en Debby Gass
Behandel jou vyande met goedhartigheid
Dis nie genoeg om jou vyande net uit te los nie; jy moet God se liefde aan hulle demonstreer. 'As iemand wat jou haat honger is, moet jy hom iets gee om te eet. As hy dors is, gee hom iets om te drink. Die Here sal jou daarvoor vergoed. Jy sal buitendien kole ophoop op jou vyand se kop en hom vuurrooi maak van skaamte' (verse 21-22 NLV). Wat beteken dit om kole op sy kop te hoop? Charles Swindoll verduidelik dat huise in antieke tye deur 'n draagbare stoof, waarop maaltye ook voorberei is, - baie soos ons braaiers buite, verhit is. 'n Persoon sou dikwels sy of haar voorraad warm kole moes aanvul om seker te maak dat dit nie uitbrand nie. Die houer hiervoor is dikwels op die kop gedra. Wanneer die individu dan verby vensters op die tweede verdieping geloop het, het vriendelike mense wat ekstra warm kole het by die venster uitgeleun en dit in die houer op die persoon se kop geplaas. Danksy die vriendelike vrygewigheid van 'n paar mense, kon hulle tuis kom met 'n hoop brandende kole op hulle kop, wat hulle dadelik kon gebruik om op te kook en die huis warm te maak. 'Om kole op iemand se kop te hoop', het 'n gewilde uitdrukking van 'n spontane en hoflike daad wat iemand vrywilliglik vir iemand anders doen, geword. Wanneer jy jou vyand op hierdie manier behandel, belowe die Bybel, '...Die Here sal jou daarvoor vergoed...' Jy het 'n keuse. Jy kan die korttermyn bevrediging kry deur terug te slaan en in die moeilikheid by God daaroor te kom, of jy kan genade en goedhartigheid bewys en deur God daarvoor vergoed word. Die woord vir jou vandag is dus - behandel jou vyande met goedhartigheid.
Deel hierdie op Twitter | Deel hierdie op Facebook
Skakels na Bybelverse:You Version
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Teken in

sl-001
sl-002
sl-003
sl-004
sl-005
sl-006