Die Woord vir Vandag

Filippense 4:8 NLV 
2017-10-12Geskryf deur Bob en Debby Gass
Verander jou denke
Om jou lewe te verander, moet jy eers jou denke verander. Dis nie maklik as jy jou hele lewe lank al op 'n sekere manier dink nie. Die dominee en skrywer, dr Frank Crane, het gesê, 'Ons gedagtes is ons beste vriende en ons grootste vyande.' Koning Salomo het dit so gestel: 'Want soos [die mens] in sy siel bereken, so is hy...' (Spreuke 23:7 AFR53). Om jou denke te verander, moet jy dit doen - een gedagte op 'n slag. Dit benodig dissipline en vasberadenheid. Dis egter die moeite werd. As jy 'n marathon wil hardloop, sal jy mos nie heeldag lekkers eet nie? Die brandstof wat jy insit bepaal die prestasie. Tog verontagsaam ons hierdie basiese stukkie wysheid: Wat jy jou liggaam voer is niks in vergelyking met wat jy jou gedagtes voer nie! Hier is 'n waarheid wat jou sal transformeer: Dink uitstekende gedagtes! Wat jou gedagtes aanhoudend binnedring, besit hulle, vorm hulle, beheer hulle en druk hulle op die ou einde uit in dit wat jy word en wie jy is. Jou gedagtes sal dit waaraan jy blootgestel word, absorbeer en reflekteer. Die geleenthede wat jy bywoon, die verhoudings wat jy bou, die boeke wat jy lees, die musiek waarna jy luister, die mediaboodskappe waaraan jy blootgestel word, die gesprekke waaraan jy deelneem en die gedagtes wat jy het vorm jou denke en uiteindelik jou karakter en jou lotsbestemming. Wat moet jy dus doen? Begin elke dag deur te bid: 'Here, ek wil die tipe gedagtes hê wat u Woord beskryf. Denke wat gevul word deur alles wat waar, eerbaar, skoon, suiwer, lieflik en lofwaardig is' (sien Filippense 4:8). Kan jy jou indink hoe jou lewe sal wees as jy aanhoudend so bid en jou denke ooreenstemmend programmeer?
Deel hierdie op Twitter | Deel hierdie op Facebook
Skakels na Bybelverse:You Version
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Teken in

sl-001
sl-002
sl-003
sl-004
sl-005
sl-006