Die Woord vir Vandag

Hebreërs 13:6 NLV 
2017-11-13Geskryf deur Bob en Debby Gass
Oorkom jou vrese (3)
Kom ons kyk na nog twee algemene vrese: 1) Die vrees dat jy nie goed genoeg is nie. Dit gaan nie daaroor dat jy so goed soos ander mense moet wees nie; dit gaan daaroor dat jy jouself moet wees! Hou op om jou met ander mense te vergelyk en spandeer eerder jou tyd om jou Godgegewe sterkpunte te ontdek. Jy is vir 'n doel gebore en daardie doel mag dalk iets wees wat jy nog nooit teëgekom het nie. 2) Vrees om nie aanvaar te word nie. Dit is een van die grootste redes vir eensaamheid in vandag se samelewing. Jy sal verbaas wees om uit te vind hoeveel mense huis toe gaan na 'n leë woonstel, 'n aandete vir een eet, televisie kyk en dan alleen in die bed klim. Selfs wanneer ons deur 'n skare omring word, voel ons dikwels steeds geïsoleerd. Die waarheid is egter dat dit nie so hoef te wees nie - veral nie as jy deel is van God se verloste familie nie. Die sleutel tot aanvaarding is om uit te reik en ander mense as jou familie te aanvaar. Wanneer jy hulle in jou private wêreld toelaat, sal jy vind dat hulle jou in hulle s'n verwelkom. Kyk vandag na jou lewe. Die persoon wat die meeste daarby sal baat, is jy! Onseker mense kan die moelikste wees om te bereik, omdat hulle desperaat is om dit wat hulle as onvolwaardig en mislukkings sien, weg te steek. As jy die hulp van 'n professionele berader, dokter of pastoor nodig het, reik uit en kry dit! Jy is dit aan jouself verskuldig! Staan vandag op en sê, 'Die Here is my hulp; daarom sal ek nie bang wees vir verwerping of dat ek nie goed genoeg is nie.'
Deel hierdie op Twitter | Deel hierdie op Facebook
Skakels na Bybelverse:You Version
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Teken in

sl-001
sl-002
sl-003
sl-004
sl-005
sl-006