Menu

Radiokansel

Tuis

Radiokansel Facebook Radiokansel Twitter

A+ A A-

Die Woord vir Vandag

2 Korintiërs 5:16 NLV 
2018-01-12Geskryf deur Bob en Debby Gass
Moenie mense stereotipeer nie, wees lief vir hulle
As jy geneig is om net met 'jou eie soort' om te gaan, dink hieroor na: 'Van nou af beoordeel ons niemand meer volgens 'n menslike maatstaf nie...' Jesus het kilometers uit sy pad gegaan om 'n Samaritaanse vrou by 'n put te ontmoet. Vanuit 'n kulturele en godsdienstige siening, was dit 'n slegte idee. Eerstens, was sy al vyf keer geskei en het 'n slegte reputasie gehad. Tweedens, was sy 'n nie-Jood. In daardie dae kon Jode nie water drink of kos eet wat van 'n nie-Jood af kom nie. Joodse geneeshere kon nie na nie-Joodse pasiënte omsien nie. Jode het inderwaarheid na nie-Jode as 'onrein' verwys en geglo dat hulle ook onrein sou word as hulle met hulle sou meng. Jesus het egter niemand uitgesluit nie: 'En die Woord het mens geword en by ons kom woon...' (Johannes 1:14 NLV). Jesus het melaatses aangeraak, vreemdelinge liefgehad en so baie tyd met partytjiegangers spandeer dat godsdienstige leiers hom '...'n vraat en 'n dronklap, 'n vriend van die liederlikste sondaars...' (Matteus 11:19 NLV), genoem het. Jesus het nie mense tipeer nie; Hy het hulle liefgehad. Wanneer jy Hom volg, wys Hy jou vooroordele uit en sorg dat jy hulle hanteer. Dis omdat Hy die manier wat jy na ander mense kyk, wil verander, dat jy hulle nie as Jode of nie-Jode, binnestaanders of buitestaanders, liberales of konserwatiewes, ens sal sien nie. 'Van nou af beoordeel ons niemand meer volgens 'n menslike maatstaf nie...' Vandag mag jy mense teëkom wat soos die vrou by die put deur die samelewing weggegooi is. Hulle is dalk uit die kerk gegooi of deur die kerk ontnugter. Jy sal die kans hê om hulle óf te tipeer, óf lief te hê. Eer God - en wees lief vir hulle!
Deel hierdie op Twitter | Deel hierdie op Facebook
Skakels na Bybelverse:You Version
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Teken in

Gaan Na

Skakel met ons

ProudlySA

bg-004
bg-006
bg-003
bg-002
bg-001
bg-005