Sakke vol Hoop Projek 2017

Radiokansel en Radio Kaapse Kansel het onderneem om hoop en lig in kinders se lewe te bring hierdie Paastyd.

Ons het ondersoek ingestel en vir minderbevoorregte kinders wat nie elektrisiteit by hul huise het nie, gratis skooltasse gegee met 'n sonkragliggie wat hulle kan gebruik om hul huiswerk by te doen.

Op 21 April 2017 het Radio Kaapse Kansel skooltasse by Prospect Primêr in Ashton gaan oorhandig.

Op 15 en 17 Mei 2017 het Radiokansel skooltasse by Laerskool Uniefees naby Pretoria en by Duduza Primary in die Oos-Rand oorhandig.

Kliek die video vir meer inligting oor die tasse:

Hier is ook 'n paar foto's wat geneem is by die onderskeie oorhandigings.

sl-001
sl-002
sl-003
sl-004
sl-005
sl-006