Kansel Mediagroep versprei lig met 'Sakke vol Hoop'

Vroeër hierdie jaar het Radiokansel 657AM en Radio Kaapse Kansel 729AM die voorreg gehad om sonkrag skooltasse aan leerders van Prospect Primary (Wes-Kaap), Duduza Primary School (Gauteng) en Laerskool Uniefees (Gauteng) te oorhandig.
 
Meer as 600 leerders het as deel van Kansel Media Groep (PMG) se Sakke vol Hoop projek elk 'n skooltas ontvang wat toegerus is met 'n sonkrag-liggie. Die sonkrag-liggies laai wanneer die leerders skool toe stap. Omdat menige families nie toegang tot elektrisiteit het nie word hul snags letterlik in die donker gedompel.

Hierdie liggies stel leerders in staat om in die aande met hul huiswerk voort te gaan. Dmitri Murray van Radio Kaapse Kansel 729AM het by Prospect Primary 'n draai gaan maak, waar hy met glimlaggies verwelkom is. Hy het die volgende boodskap gedeel:

"Dit was 'n wonderlike voorreg om daar te kon wees. Ons het nie net lig aan kinders gebring nie, maar ook HOOP. Die skoolhoof het met dankbaarheid vir my vertel dat die sakke kinders meer sigbaar sal maak wanneer hulle vroeg-oggend skooltoe stap en hoe hulle boeke droog sal bly omdat die sakke waterdig is."

Ouers en onderwysers het vertel hoe hierdie sakke 'n antwoord op hulle gebede is; van die kinders het nog nooit vantevore iets soos hierdie ontvang nie. Dit was toe dat ons besef het dat God baie meer in vir hierdie projek in gedagte gehad het as wat ons ooit sou kon droom.

Baie dankie aan elke luisteraar wat bygedra het om 'n sak te skenk. Dit het 'n enorme verskil in die lewens van baie kinders gemaak.

sl-001
sl-002
sl-003
sl-004
sl-005
sl-006