Dames loof die Here by Shekinah

Vanaf 1-3 September 2017 was dit tyd vir die jaarlikse Radiokansel Dameskamp by Shekinah (Radiokansel se kamp-en konferensie-fasiliteit in die Mabula Natuurreservaat). Dames van regoor Suid-Afrika stroom jaar-na-jaar na hierdie multi-kulturele en inter-kerklike dameskamp. Elke jaar is die kamp-terrein vol en hierdie jaar was geen uitsondering nie. Tweehonderd dames het die kamp bygewoon.

Onderwerpe wat bespreek is sluit in; vind jou identiteit in Christus, vind jou God-gegewe doel en Goddelike karakter.
 
Die dames het hierdie jaar hul vrouwees tydens 'n gala geleentheid met die tema 'Aand van Koninginne' gevier. Een van die hoogtepunte van die kamp was 'n (lofprysing) dans-werkswinkel. Vier dames het op die laaste dag van die kamp hulle lewens aan Christus gegee.

sl-001
sl-002
sl-003
sl-004
sl-005
sl-006