Radio Kaapse Kansel 729AM vat hande met Mighty Men Wes-Kaap

Radio Kaapse Kansel 729AM was die trotse media-vennoot van Mighty Men Wes-Kaap wat vanaf 29 September tot 1 Oktober 2017 duisende mans op die plaas Môreson, 'n paar kilo-meter vanaf Malmesbury, bedien het.

Brad Kirsten en Dimitri Murray het gedurende die naweek regstreeks vanaf Môreson spesiale oomblikke met luisteraars gedeel. Deur hande met Mighty Men Wes-Kaap te vat, het Radio Kaapse Kansel 729AM nie net die Evangelie met die mans tydens die geleentheid gedeel nie, maar die Stasie het ook deur middel van radio, die web en die Radio Kaapse Kansel toep honderdeduisende mense bereik.

sl-001
sl-002
sl-003
sl-004
sl-005
sl-006