Radiokansel 657AM bied sy eerste Gala Dinee aan

Die geleentheid is deur besigheidsmanne en –vroue van die Global Business Roundtable, sowel as ander organisasies, bygewoon. Dit was 'n reuse sukses!

gala1

gala2

Die tema, geïnspireer deur Lukas 19:1, was Bly totdat ek kom met spreker mnr Sipho Mseleku, die Uitvoerende Hoof van Sakhumnotho Group Holdings en Sameroeper van die Global Business Roundtable.

In sy treffende boodskap het mnr Mseleku gedeel dat die Kerk oor die algemeen 'n groot verantwoordelikheid het. Hierdie liggaam moet kwessies soos onder meer opvoeding, ekonomie, politiek en sport nie afskeep nie.

Gaste is met die sangeres, Sibongile Sibeko, se engelstem bekoor en mnr Franklite Shelapelo, Radiokansel 657AM omroeper en seremoniemeester vir die aand, het hom uitstekend van sy taak gekwyt.

Baie dankie aan almal wat die geleentheid 'n sukses gemaak het. Hierdie is die begin van blywende vennootskappe en ons sien uit na nog 'n suksesvolle geleentheid in 2018.

gala3

gala4

gala5

gala6

gala7

gala8

 

 

sl-001
sl-002
sl-003
sl-004
sl-005
sl-006