Angela Reed

Angela Reed

Ek bly omtrent my hele lewe lank in Pretoria. Ek is getroud met Attie en ons het twee kinders. My man en my kinders is my hawe. My leuse in die lewe is om realisties te wees oor dinge en om die humor in meeste dinge raak te sien. Ek sal veel eerder plooie van lag as van frons wil hê! Die lekkerste tyd vir my is wanneer ek agter die mikrofoon op die lug, wanneer ek God se Woord bedien of wanneer ek sing, is.

Vinnige Vrae...

Wat wou jy graag word toe jy klein was?
'n Aktrise.

Wat is jou gunsteling kos?
Sushi of enige seekos.

Sal jy "bungi jump" as jy die kans kry?
Seker nie, ek het hoogtevrees.

Wat is jou gunsteling dier?
Ek is lief vir katte. Hulle het persoonlikhede, is grasieus en ’n manier van hul eie.

Wie is die een persoon met wie jy graag 'n onderhoud wil voer maar het nog nie die voorreg gehad nie?
Ek sal graag met die volgende mense wil gesels:

  • Bill Gaither want hy is 'n briljante musiek regisseur
  • Nelson Mandela want hy het die kuns van vergifnis bemeester
  • Mal Pope net omdat ek sy grootste aanhanger is
sl-001
sl-002
sl-003
sl-004
sl-005
sl-006