Bahle Nhlapho

Bahle Nhlapho

Bahle Nhlapho is 'n toegewyde Christen wat gebore en getoë is in Maboloka-dorp naby Brits in Noord-Wes. My ouma en tannie het my groot gemaak. Hulle het my baie oor die Christendom geleer en dat as ek 'n beter mens wil wees, moet ek weet wie Jesus Christus is.

Nadat ek in 1996 matrikuleer het, wou ek 'n verpleegster word maar dit het nie realiseer nie a.g.v. finansiële tekortkominge. Dit kon ook 'n verskuilde seën wees want nou gebruik God my om sy Woord uit te dra.

My uitsaai-loopbaan het begin by Letlhabile Gemeenskaps Radio waar ek as vrywilliger gedien het vir 3 en 'n halwe jaar. Ek het by Radiokansel aangesluit in 2007 en ek is steeds vasberade om die uitsaai-leer te klim.

Vinnige Vrae...

Wat is jou gunsteling kos?
Hoender en kluitjies.

Sal jy "bungi jump" as jy die kans kry?
Ja.

Wat is jou gunsteling dier?
'n Hond.

Wie is die een persoon met wie jy graag 'n onderhoud wil voer maar het nog nie die voorreg gehad nie?
uTata Nelson Mandela.

sl-001
sl-002
sl-003
sl-004
sl-005
sl-006