Dr. Pieter Barnard

Dr. Pieter Barnard

Ek is gebore in Reivilo, Vryburg-distrik en het gematrikuleer aan "Christian Brothers' College" in Kimberley. Ek het my Meestersgraad in maatskaplike werk by die Universiteit van die Vrystaat en D.Phil. by die Universiteit van Port-Elizabeth behaal waar ek gespesialiseer het in landelike gemeenskapsontwikkeling. Ek was in die staatsdiens by regeringskommunikasie en later uitvoerende direkteur van die Gideons Internasionaal in Suid-Afrika. Huidiglik is ek en Heleen, my vrou, sending pastore wat siele wen en opleiding aan gelowiges gee in Suid-Afrika en ook oorsee (Indonesië, Maleisië, Singapoer, Nigerië en die VSA is al besoek). Ons kursus is genaamd "Leer om te steel"!! Ons bedien slegs op uitnodiging.

Ek is getroud met Heleen. Ons het drie kinders: twee dogters, 28 (onderwyseres) en 21 (student), en een seun 26 (rekenaar programmeerder en informasie ontwerp).

Vinnige Vrae...

Wat wou jy graag word toe jy klein was?
'n Dokter.

Wat is jou gunsteling kos?
Pap met vleissous en wors.

Sal jy "bungi jump" as jy die kans kry?
As ek met die dood gedreig word, ja, andersins NEE.

Wat is jou gunsteling dier?
My worshond, "Leeu"

Wie is die een persoon met wie jy graag 'n onderhoud wil voer maar het nog nie die voorreg gehad nie?
Dr. Robert Schuller van die "Crystal Cathedral church" of Sonja Herholdt.

sl-001
sl-002
sl-003
sl-004
sl-005
sl-006