Ds. Johann Els

Ds. Johann Els

As CURRICULUM VITAE : uit Latyn vertaal in Afrikaans beteken - "My Lewensverhaal" dán sou ek my ervaring en belewenis as mens, predikant, radio-omroeper, gospelsanger as volg wou beskryf:

  • Louise my vrou - is 'n gawe van God - ongeëwenaard uniek 'n godin - my raamwerk
  • Ons gesin - die greatse kinders vir wie ek die hoogste respek en agting het : Lise getroud met Roelof - albei ouditeure in Kaapstad / Johann - Biokinetikus in Somerset Wes / Johannes - Graanhandelaar in Bethlehem / Willem - Student op Stellenbosch
  • Ek is 'n bedienings Entrepreneur: Bybels, gebalanseerd en wyd teologies onderleg
  • Wye visie, Kreatief, Innoverend, Denkend, Woord-vernuwend, Gees-getrou, In Christus-vry
  • Lewende persoonlike geloofs- en gebedslewe deur Christus Jesus se genade met praktiese ingesteldheid om te luister na God se stem
  • Evangeliese benadering waar Jesus Christus sentraal is
  • Passievol oor Woordverkondiging binne eietydse idioom o.l.v. die Heilige Gees
  • Radioboodskappe soek, Preekmaak, "Uitsaai-on-the-edge-wees" doen ek uit die oorspronklike tale Grieks & Hebreeus en is my reis na God se Hart
  • Visionêre geestelike leierskap wat glo in inklusiewe, deelnemende spanwerk
  • Bewese integriteit tov bediening teenoor die gemeenskap in sy diverse en multi-kulturele gestaltes teenoor ALLE rasse / kultuurgroepe en mense - ek glo nie in aparte kompartemente vir verskillende mense
  • Versoener wat mense met hulle harte aan mekaar bind
  • Koninkryksgerig in prioriteitsbepaling en hanteer stres en spanning goed
  • 'n "Katvoetloper" vir leuens, halwe waarhede,"stories"en vir "mismoedigmakers en moeilikheidmakers"
  • Iemand wat God se eer sal verdedig sonder om 'n sogenaamde "people pleaser" te wees
  • Wyd akkommoderend wat mense eerder insluit as uitsluit - in diens aan God
  • Hoopmens wat siels entoesiasties opgewonde kan wees
  • Onverskrokke in verbintenis aan God in Christus en teenoor AL Sy mense
  • Ek is geseënd om 'n sg "Tipping Pointer" te wees bedoelende om mense uit vasgeloopte, verlamde situasies te inspireer tot nuwe paaie van versoening en eensgesindheid
    • om met visie, durf en waagmoed nuwe energie in God te vind
    • om 'n verskeidenheid in 'n eenheid te snoer met Woord-koers en Gees-leiding
    • sodat die Liggaam van Christus 'n Gees gedrewe beweging word oor alle grense heen
    • 'n insluiting van randfigure tot aktiewe lede van die Liggaam van Christus

Dit vra elke dag 'n vars, nuwe bereidheid tot 'n Koninkryks perspektief waar Jesus Christus Hoof en HEER is.

Vinnige Vrae...

Wat wou jy graag word toe jy klein was?
Ek wou 'n Chirurg gewees het - ek wens soms nou nog ek was 'n chirurg.

Wat is jou gunsteling kos?
Vars gevangde, gestoomde kreef uit Pringlebaai se waters, potbrood, eksotiese slaai en 'n yskoue Chardonay. In Bloemfontein - 'n Vyfgang formele ete met die beste kristal glase ( ek en Louise dek 5 glase by elke sitplek per gas - mal oor mooi glase! ), outydse erf-silwer eetgerei , fyn porselein , groot silwer kandelare vir die langkerse , en damask servette met geborduurde kant plekmatjies. Die spyskaart:

  • vrugte-voorgereg met sodawater en lemmetjie
  • dun-sop met sjerrie
  • vars gebakte vis met sjampanje
  • mintsorbet vir 'n vars palet
  • porsie vars slaai as 'n tussen-gereg op sy eie (verskeidenheid geskeurde
  • blare ingevryf met 'n pikante tuisgemaakte suurlemoen-slaaisous met enige
  • vars beskikbare slaaigoed soos tamatie, rou boontjies, komkommer, selfs
  • 'n gesnyde perske vir kleur en Bolandse geur ens.) en yskoue water met ysblokkies waarbinne 'n kruisementblaartjie gevries is
  • hoofgereg - bees of skaap van 'n aard (as die budget dit toelaat!!) en wintermaande bruingebraaide Sondag-hoender met braai aartappels , Louise maak die HEERLIKSTE Boere-manier boontjies, pampoen, rys en Franse sous dit met 'n swaar donker beleë Cabernet Sauvignon
  • nagereg - Louise se outydse Malva poeding en dun-vla met amandel saam met Port

Ek en Louise hou vreeslik baie van onthaal en mense nooi en 'n koninklike ete vir ons familie of vriende se bederf met die mooiste gedekte tafel wat ons kan gee - die lewe is suur genoeg - almal hou van 'n klein bietjie outydse gasvryheid en bederf.

Ons hou ook om van teetyd 'n grênd Engelse High Tea affêre te maak - net met mooi koppies, al die beskikbare mooi teelepeltjies en vurkies en lappies en servette met vars gebakte skons - Louise is 'n bobaas skonbakker en moenie praat van haar donker nat Sjokolade koek nie!! Kom vir tee!!!

Sal jy "bungi jump" as jy die kans kry?
Geen Bungi jump vir my nie - dankie!!

Wat is jou gunsteling dier?
Ons hond - Pringle in Bloemfontein - sy is 'n opreg geteelde "pedigree" English Bulldog - die lelikste-mooiste meisie in die Vrystaat!

Wie is die een persoon met wie jy graag 'n onderhoud wil voer maar het nog nie die voorreg gehad nie?
My wonderlike, unieke, asemrowende, stylvolle, briljante ma - Tienie Els in Port Elizabeth. Ek het die hoogste bewondering vir Anna Sophia Els - gebore Rautenbach genaamd Tienie Els. As jy haar ontmoet het is jou lewe nooit weer dieselfde nie. 

sl-001
sl-002
sl-003
sl-004
sl-005
sl-006