Dwain van Rensburg

Dwain van Rensburg

Dwain Christopher van Rensburg

Die betekenis van my name is die volgende: Dwain beteken "The Rock" en Christopher beteken "Christ like". Ek maak die betekenis daagliks n deel van my lewe. Ek wil graag geken word as iemand wat rotsvas staan vir ons Koning.  Ja, ek het my draaie gaan loop en my foute gemaak, maar n ware karakter sal nie gemeet word aan hoeveel keer n mens geval het nie maar eerder aan hoeveel keer n mens opstaan en daardie foute reg maak. "My Lewensverhaal" sou ek, as mens, eggenoot, Pappa, Sportsman, Skoolhoof, predikant en radio-omroeper, as volg beskryf:

  • Anri is my vrou - Sy is die hoofrede hoekom ek in my lewe is waar ek is. Sy staan bankvas agter my en ondersteun my in elke faset van my lewe.
  • Ons gesin - My kinders het my die ware betekenis geleer van n "Vader Hart’.  Dit was eers toe ek my dogter Diane in my arms hou dat ek vir die eerste keer ons Hemelse Vader se hart kon voel en Sy opoffering kon verstaan - hoe die Vader se hart moes voel toe Hy Sy seun vir ons geoffer het.  Diane is 6 jaar oud en Dihandre is 4 jaar oud.
  • Passie:  God, my gesin, jongmense, musiek en sport.
  • Breë uitkyk oor die lewe, luister na mense se harte en probeer my in hulle skoene plaas. Jy kan nooit saam met iemand praat as jy nie eers in die persoon se skoene die pad gestap het nie.
  • Lei met 'n voorbeeld - soms is ons manier van lewe die enigste Bybel wat jongmense sien.
  • Praktiese Godsdiens - Illustrasies waar jy die jongmense se aandag het.
  • Die Here gebruik my baie om konflik tussen kosbare families op te los en versoening te bewerkstellig.
  • Passievol oor "Praise and worship" in ons gemeente.  Leef my uit in musiek.
  • Baie lief vir die werking van die Heilige Gees.
  • Hoopvol - 'n Hoopvolle toekoms - In Christus is daar altyd hoop.
  • Woordverkondiging vir alle rasse en kultuurgroepe.
  • Ek is 'n persoon wat God en Sy werk sal verdedig ongeag by wie en waar.
  • Koninkryksgerig - Doel is om God se Koninkryk uit te brei.
  • y hart klop vir jong mense - Jong Mense?  Jeug vanaf 14 tot matriek, Universiteit student, jong enkel lopendes en dan natuurlik jong getroude paartjies.  My hart klop vir ouers met tieners.

Vinnige Vrae...

Wat wou jy graag word toe jy klein was?

Ek wou baie graag met mense werk, met ander woorde dalk n dokter of so iets. Maar nou werk ek met mense op 'n ander vlak.

Wat is jou gunsteling kos?

Daar is so baie, maar as ek moet lys sal dit die volgende wees:

  • Seekos in alle vorme
  • Sushi
  • Natuurlik braaivleis. Ek is gek oor 'n lekker lieslap of n heerlike 'steak’ met 'n lekker garlic broodjie met sampioen gevul.
  • 'n Soet braaibroodjie is ook heerlik.
  • En dan natuurlik "MY MA SE KOOK KOS"

Sal jy "bungi jump" as jy die kans kry?

Ja ja ja. Ek het al op 'n paar plekke gespring en sal enige tyd weer.

Wat is jou gunsteling dier?

Ek sou moes se dat 'n Leeu vir my 'n kragtige dier is, maar dan fassineer 'n haai my as seedier.

Wie is die een persoon met wie jy graag 'n onderhoud wil voer maar het nog nie die voorreg gehad nie?

Defnitief Micheal W Smith.

Kom ek uit 'n groot gesin uit?

Ja, ek is die middelkind met 2 ouer Susters en 2 Jonger Broers.  Ek was 6 jaar oud toe my ouers 4 kinders in permanente
pleegsorg geneem het.  Hulle is my eie broers en susters en 26 jaar al deel van my lewe.  Ek het van baie jongs af geleer om te deel.

Ek en Anri het mekaar in Oktober 2007 ontmoet en het van dag 1 af geweet dat ons vir mekaar bedoel is. My vrou is die pilaar in my lewe en ondersteun my op elke terrein van my lewe. Ons dien saam die Here en maak saam musiek in ons kerk se "Praise and Worship" span. Ons deel ook 'n groot passie en dit is "SPORT". Ons lei 'n baie aktiewe lewe en gebruik elke geleentheid om iets avontuurlustig te doen. Ons is gek oor reis en toer graag oorsee as ons die kans kry.

Ons kinders maak ons lewe vol en geniet alles saam met ons.  

Ons het 'n ongelooflike ondersteunings netwerk en is so bevoorreg om 4 huise van my ouers af te bly. My ouers staan altyd reg om te help waar hulle kan om ons die geleentheid te gee om ons drome waar te maak.  Ek het ook die ongelooflike voorreg om elke dag saam met my ouers te werk en om te weet dat hulle die skool net so goed, indien nie beter bestuur in my afwesigheid.  My ma is ook my sekretaresse.

Deur die Here se genade het ek die voorreg gehad om al 'n handvol lande se stempels in my paspoort te hê.  Dit is te danke aan my rugby loopbaan.  Ek en my vrou bedien graag op plekke met uitnodiging en gebruik elke geleentheid om ons Koning se naam te verheerlik deur Woord en sang bediening.

sl-001
sl-002
sl-003
sl-004
sl-005
sl-006