Godfrey Moabi

Godfrey Moabi

My naam is Godfrey Gaolatlhe Moabi. Ek is getroud met 'n pragtige vrou, Petunia Moabi en God het ons geseën met twee seuns. Ek is gebore in Lehurutshe en het in Madikwe naby Rustenburg skoolgegaan.

My radiolewe het reeds op skool begin. Ek het my gunsteling aanbieders nagemaak en het gedroom om self eendag 'n aanbieder te wees. Na skool het ek gaan studeer in die uitsaaiwese. Ek het vir verskeie gemeenskapstasies in Johannesburg gewerk voordat ek by Radiokansel in 1997 aangesluit het.

Vinnige Vrae...

Wat wou jy graag word toe jy klein was?
My passie vir radio het op 'n baie jong ouderdom gekom. Ek het na Radio Tswana geluister waar Ds. Sello Phiri mense gebel het en met hul gek geskeer het. Ek het toe vir my ma gesê: "Mamma, ek gaan eendag op die radio wees." Ek het later van plan verander omdat baie mense my ontmoedig het. Ek het toe besluit om 'n busbestuurder te word tot my onderwyser met my geraas het! Ek het toe maar my drome vir myself gehou. As mense my sou vra wat my toekomsplanne was, het ek gesê dat ek gaan 'n busbestuurder word en hulle was bly vir my maar diep binne myself het ek geweet dat ek graag op radio wil wees.

Wat is jou gunsteling kos?
Dit is 'n moeilike een... Gebraaide hoender, aartappelslaai met mayonnaise (vir wat dit werd is: enige slaai met romerige mayonnaise) en Griekse slaai. Mmmm lekker!

Sal jy "bungi jump" as jy die kans kry?
Vir seker ja, solank die toue veilig vas is.

Wat is jou gunsteling dier?
Luiperds is net te pragtig!

Wie is die een persoon met wie jy graag 'n onderhoud wil voer maar het nog nie die voorreg gehad nie?
Nelson Mandela en ons sal net praat oor vergifnis, asseblief tog net nie politiek nie!

sl-001
sl-002
sl-003
sl-004
sl-005
sl-006