Mpho Mashishi

Mpho Mashishi

Ek is Mpho Mashishi. Ek is die ma van twee pragtige kinders, 'n seun en 'n dogter. Ek is 'n Godvresende vrou en is lief vir musiek. Ek werk vir Radiokansel as musiek organiseerder en ook as aanbieder van die programme Tunes@2 en Local & International gospel.

Ek geniet dit om tyd saam met my kinders te spandeer, om te gaan fliek en niks kom by lekker kos nie!

Vinnige Vrae...

Wat wou jy graag word toe jy klein was?
Daar was baie dinge: 'n onderwyseres, 'n binnehuisversierder. Maar ek dink nogsteeds ek sou 'n goeie onderwyseres gewees het.

Wat is jou gunsteling kos?
Vleis en slaaie.

Sal jy "bungi jump" as jy die kans kry?
Nee, ek het nog altyd gedink dit is vir mal mense. Soos in regtige mal mense!

Wat is jou gunsteling dier?
Baba-hondjies. Hulle is net die oulikste.

Wie is die een persoon met wie jy graag 'n onderhoud wil voer maar het nog nie die voorreg gehad nie?
Profetes Juanita Bynum, daar is net iets omtrent haar...

sl-001
sl-002
sl-003
sl-004
sl-005
sl-006