Murray Louw

Murray Louw

Ek is uit liefde gebore. Toe ek 9 jaar oud was, het 'n dominee gepreek dat as mens in Jesus glo, sal riviere lewende water binne jou vloei. Johannes 7:38. Daardie Vrydagaand het God my siel gered. Dit is die beste ding wat ooit met my gebeur het.

By Maties en Tukkies het ek siviele ingenieurswese studeer omdat ek daarvan hou om kreatief te wees. Ek was ook jare lank 'n ingenieur. Ek het met my liefling, Christine, getrou. Dit is die tweede beste ding wat ooit met my gebeur het. Ons is lief vir ons kinders.

In 1980 het ons geskuif na "The SA Action for World Evangelization" om mobiel te wees vir wêreldsending. Sedert die vroeë 1980's het ek die vreugde gehad om weekliks op Radiokansel uit te saai en om deur die wêreld te reis. Ek is mal daaroor wanneer mense met enige agtergrond Jesus begin volg en hulle groei wanneer hulle sy onderrig beoefen.

Jesus belowe die beste deel: Die Ewige Lewe as mens hom volg. Johannes 11:25

Vinnige Vrae...

Wat wou jy graag word toe jy klein was?
'n Vlieënier. Die Wright-broers verdien 'n Nobel-prys vir pret.

Wat is jou gunsteling kos?
Roomys. Die ou wat dit uitgevind het verdien 'n Nobel-prys vir vreugde.

Sal jy "bungi jump" as jy die kans kry?
Nee. Ek sal eerder wil vlieg, sweef of duik.

Wat is jou gunsteling dier?
'n Kameelperd want sy lang nek gee hom visie.

Wie is die een persoon met wie jy graag 'n onderhoud wil voer maar het nog nie die voorreg gehad nie?
Enige terroris nadat hy of sy deur 'n klein kindjie na Jesus toe gelei is. Psalm 8:2.

sl-001
sl-002
sl-003
sl-004
sl-005
sl-006