Past. Corrie van Wyk

Past. Corrie van Wyk

Ek is gebore op 24 September 1944 in Nelspruit as derde oudste kind van ses kinders. Groot geword in Waterval Boven waar ek gewoon het tot na matriek aan die einde van 1962. Daarna die lewe aangedurf as werknemer van Barclays Bank, later as speurder na my opleiding in die polisie en daarna 'n verdere paar jaar in die bankwese. Daarna het my lewe langs die kruis verby gelei waar ek duidelik die roeping van die Here in my lewe ervaar het om as predikant vir die Here te werk. Na studie toegetreë tot die bediening in 1970. Toe reeds getroud met die mooiste vrou op aarde met die naam van Ansie - dit was 24 September 1965. Ons is geseënd met 3 pragtige talentvolle kinders en een ewe pragtige kleindogter - my beste maatjie.

Vinnige Vrae...

Wat wou jy graag word toe jy klein was?
Predikant.

Wat is jou gunsteling kos?
Pap en kaiings.

Sal jy "bungi jump" as jy die kans kry?
Nie eers met 'n valskerm nie.

Wat is jou gunsteling dier?
'n Duif as simbool van die Heilige Gees.

Wie is die een persoon met wie jy graag 'n onderhoud wil voer maar het nog nie die voorreg gehad nie?
Met oom Victor Horne na sy jarelange verbintenis met Radiokansel.

sl-001
sl-002
sl-003
sl-004
sl-005
sl-006