Rev. David de Bruyn

Rev. David de Bruyn

Ek is gebore en het groot geword in Johannesburg. Ek het op 9 jarige ouderdom my hart vir die Here gegee. Ek het in Baptiste kerke gedien, studeer en is ook daar bevestig. Ek het ook opleiding gekry by 'n Baptiste kweekskool in die VSA.

Ek is tans pastoor by die "New Covenant Baptist Church" in Johannesburg. Ek is getroud met Erin en het twee kinders: Jack en Karissa.

Ek het in 1999 by Radiokansel begin programme aanbied en ek doen nogsteeds weekliks so.

Vinnige Vrae...

Wat wou jy graag word toe jy klein was?
Glo dit of nie: 'n skrywer.

Wat is jou gunsteling kos?
Amper enige iets Italiaans maar ek is lief vir Thai-kos ook.

Sal jy "bungi jump" as jy die kans kry?
Ja, as ek gewaarborg word dat my oognetvliese in plek sou bly.

Wat is jou gunsteling dier?
Dolfyne vir hul spelerigheid; katte vir hul verwaandheid.

Wie is die een persoon met wie jy graag 'n onderhoud wil voer maar het nog nie die voorreg gehad nie?
A.W. Tozer.

sl-001
sl-002
sl-003
sl-004
sl-005
sl-006