Sipho Kaleni

Sipho Kaleni

Hierdie lang, donker, aantreklike en Godvresende sagmoedige reus is 'n skaars en bedreigde spesie. Net soos die betekenis van sy naam, is hy ook 'n ware geskenk van God aan die mensdom, wie se positiewe gees absoluut aansteeklik is. Net soos Jona in die Bybel probeer het om van sy roeping te ontsnap, het Sipho eers 'n elektriese ingenieur geword, maar die walvis van God se genade het hom teruggeroep om God te verheerlik deur sy stem.

Hy is al van 1992 betrokke by die evangeliese elektroniese media as 'n TV- en radio-aanbieder, vervaardiger en agtergrondstemkunstenaar. Hy is al by Radiokansel vanaf 1 Maart 1994 as 'n vryskutaanbieder en vervaardiger. Onlangs het hy sy eie blog begin skryf en doen ook bemarking.

Hy dien God, is 'n eggenoot, pa, geestelike- en gemeenskapsbouer en leier, 'n dromer en 'n vriend vir almal.

Vinnige Vrae...

Wat wou jy graag word toe jy klein was?
Ek wou eers 'n mediese dokter word maar soos ek ouer geword het, het my passie vir siele gegroei en ek het gesmag daarna om 'n internasionale prediker te word. Ek dink my droom het waar geword want ek bedien nou 'n internasionale gehoor deur Radiokansel.

Wat is jou gunsteling kos?
Umphokoqo (Fyn pap en maas), hoender en kaas quiche en my spesiale tuisgemaakte poeding: Poeding ala Kaleni.

Sal jy "bungi jump" as jy die kans kry?
Op een voorwaarde: betaal my $29 Biljoen {Sodat as ek doodgaan, my kinders 'n goeie erfporsie kan hê ☺}

Wat is jou gunsteling dier?
'n Olifantbul want hy beskerm altyd sy gesin en gebied.

Wie is die een persoon met wie jy graag 'n onderhoud wil voer maar het nog nie die voorreg gehad nie?
Daar is te veel om net een uit te sonder.

sl-001
sl-002
sl-003
sl-004
sl-005
sl-006