Wynand Rossouw

Wynand Rossouw

Ek het grootgeword in 'n klein dorpie, Graafwater, waar ek matrikuleer het. Na matriek het ek my twee jaar diensplig gedoen. Ek het toe by die SABC in Kaapstad aangesluit waar ek vir amper ses jaar gewerk het. Dit was in hierdie tyd, op 26-jarige ouderdom, wat God my genadig was en my op 23 Julie 1989 weggeruk het van die pad na die hel en my geroep het na 'n nuwe lewe in Christus my Verlosser.

Ek het toe verhuis van Egipte (Kaapstad) na Port-Elizabeth waar ek my vrou Helena (18 somers saam) ontmoet het. YHWE het ons sedertdien geseën met twee rooikoppe Darius en Karien.

Ek het nou die voorreg om die Evangelie op Radiokansel in hierdie seisoen van my lewe te verkondig. Wat 'n wonderlike voorreg!

Vinnige Vrae...

Wat wou jy graag word toe jy klein was?
Groot

Wat is jou gunsteling kos?
Pizza

Sal jy "bungi jump" as jy die kans kry?
Lukas 4:12

Wat is jou gunsteling dier?
Bokser-hond. Sy naam is Gus. Jy mag dalk vra: "Hoekom?"... Wel... Kan jy elke dag dieselfde kos eet en werklik dankbaar wees?
Kan jy verstaan wanneer jou geliefdes te besig is om tyd saam met jou te spandeer?
Kan jy kritiek en skuld neem sonder om seergemaak te voel?
Kan jy die wêreld in die oë kyk sonder leuens en bedrog?
Kan jy spanning oorkom sonder mediese hulp?
Jy kry die idee....

Wie is die een persoon met wie jy graag 'n onderhoud wil voer maar het nog nie die voorreg gehad nie?
Ongelukkig is die persoon lank reeds oorlede want hy is onderstebo gekruisig maar in Matteus 16:18 sê Jesus dat hierdie persoon 'n tydlose invloed het tot vandag toe.

sl-001
sl-002
sl-003
sl-004
sl-005
sl-006