Logo

Luister op 657AM

Radiokansel saai 24 uur per dag uit oor ons mediumgolfsender vanaf Gauteng.

Hierdie sender se reikwydte dek slegs Gauteng, Noord-Vrystaat en gedeeltes van Kwazulu-Natal en Mpumalanga. Maar ons weet dat luisteraars vanoor Suid-Afrika ons kan opvang, veral saans wanneer die sein duidelik en ver opgevang word. Bogenoemde areas sal egter die beste opvangs geniet.

Mediumgolf (MW, ook genoem AM), se opvangs is soms wisselvallig aangesien faktore soos weersomstandighede, die son en natuurlik ook die geografie die sein kan beïnvloed. Geboue en staalkonstruksies kan ook die sein verswak.

Skakel u radio in op die MW - kanaal op 657 kHz. Die meeste nuwe radios, veral motorradios, behoort MW baie goed op te vang. Indien u ‘n draagbare radio het en die opvangs nie na wense is nie, mag dit help as u die radio draai of verskuif om sodoende die opvangs te verbeter. Die MW sein is rigtingsensitief - probeer ‘n plek in u kamer/huis vind waar die opvangs goed is.

Kontak gerus ons Kliëntediensafdeling by (012) 334-1200 of e-pos This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. vir meer inligting.

Radiokansel © 2018 Alle regte voorbehou.