Logo

Sielskos

Jy het Jesus nodig

God het jou lief. Hy wil 'n lewende verhouding met jou hê. Hy verlos jou, gee jou die ewige lewe en bepaal jou lewensdoel. Kies Hom vandag. Dit is 'n belangrike besluit wat net jy kan maak!

Elke persoon het 'n verlede

Elke persoon wat die aarde bewandel, is skuldig aan sonde. Dit sluit die mees edele man en vrou in. Romeine 3:23 sê: "Want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God."

Sonde het 'n prys

Romeine 6:23 vertel ons, "Want die loon van die sonde is dood." Die loon van ons daaglikse werk, is geld, maar ongelukkig is die loon van die sonde dood. Dood beteken dus om vir ewig van God geskei te word.

Christus het vir alle sonde betaal

 In Christus is daar hoop! Selfs al het ons verskillende sonde gepleeg, is Christus steeds van harte lief vir ons. Soveel so dat Hy in ons plek gesterf en betaal het vir ons sonde. "Maar God bewys sy liefde vir ons in hierdie, terwyl ons nog sondaars was, het Christus vir ons gesterf." Romeine 5:8

Glo!

Om 'n Christen te word en sekerheid van die ewige lewe te hê, is 'n persoonlike besluit wat net jy kan maak. Wy jou hele lewe vandag aan Hom, en vra Hom om die Here van jou lewe te wees. Romeine 10:9 sê: "As jy met jou mond bely Jesus is die Here, en jy glo in jou hart dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word."

Begin jou persoonlike verhouding met Jesus vandag, en bid hierdie gebed:

Liewe Here Jesus, ek glo dat U vir my aan die kruis gesterf het en dat U bloed vir my sondes betaal het. Vergewe my asseblief Here. Dankie dat U die hoogste prys betaal het om my vry te stel van sonde en my die ewige lewe gee. Ek erken U as my Here en Verlosser. Lei my en rig my op U pad van hierdie oomblik af. Ek bid dit in Jesus se heilige Naam. Amen.

Kontak gerus ons beradingsdepartement by (012) 334-1320 om saam met jou te bid en jou in jou wandel met God te lei.

 

Radiokansel © 2018 Alle regte voorbehou.