Logo

Sielskos

Meer as oorwinnaars

Deur Jean Lung

Josua het bewys dat hy meer as 'n oorwinnaar was en het gehoorsaam die klipmure van die magtige Jerigo met 'n "Krygsmag van Klank" aangeval. Daniël het nie op sy eie krag of mag vertrou nie - inteendeel - sy vertroue in God vir redding, het van hom 'n oorwinnaar gemaak.
 
Dit is hierdie Paasfees my opregte wens dat ons op God sal vertrou en onsself aan Hom sal oorgee. Hy het die dood oorwin sodat ons kan lewe. Ons wil in hierdie uitgawe ons luisteraars en lesers motiveer om nie net te oorleef nie, maar te oorwin.
 
Sluit by ons aan in ons oorwinningstog in Christus. Ons bring getuienisse van luisteraars wat oorwin en struikelblokke oorkom, stories van dié wat nog besig is om te oorwin en verslag lewer van diegene wat die skerp kante van nederlaag van tyd tot tyd voel. As een liggaam reik ons uit na mekaar in tye van nood, juig saam in tye van oorwinning en werk saam om die finale stryd te oorwin.
 
Ons nuwe "Luister vir Langer" programskedule is deel van ons strewe na oorwinning. 99% van luisteraars wat aan die veldtog deelgeneem het, het hulle opinie hard en duidelik, met 'n oorweldigende "JA", gelug.
 
As gevolg van hierdie fenomenale positiewe reaksie, kan jy nou langer na Radiokansel luister in 'n taal wat jy verstaan. Deur die woord en magtige melodieë, loof ons God en breek die mure van die "moderne" Jerigo af. Loer gerus na die LUISTER vir LANGER programskedule.
 
Mag Sy genade, wat elke oggend nuut is, vir jou werklik wees op die pad van oorwinning in Christus.

Radiokansel © 2018 Alle regte voorbehou.