Menu

Radiokansel

Tuis

Radiokansel Facebook Radiokansel Twitter

A+ A A-

Sielskos

Oop vir die Wil van God

Deur Dr. Vorster Combrink

"Wat nie geopenbaar is nie, is bekend aan die Here ons God, maar wat geopenbaar is, is vir altyd bekend aan ons en ons nageslag: ons moet lewe volgens al die woorde van hierdie wet." Deut. 29:29

Daar gebeur soms god met ons wat ons glad nie verstaan nie: 'n Kerkgebou tuimel inmekaar en gelowiges sterf; 'n bejaarde word wreed aangerand, my kleinkind kry kanker; my lewensmaat sterf...

Hierdie dinge was nie vir ons vooraf bekend nie. Ons weet ook nie wat in die toekoms vir ons wag nie. God laat dinge in ons lewe toe: Wie ons ouers is, waar ons woon en leef, watter mooi en lelike dinge met ons gebeur. Dag na dag ontvou sy soevereine plan in ons lewe. Hoe moet ons daarop reageer?

Moenie in God se terrein probeer indring nie (Job 40 en 41). Moet jou nie moeg maak om die onverstaanbare te probeer verstaan nie (Psalm 131:1). Vertrou die Here wat goeie en slegte dinge goed laat uitwerk vir sy kinders (Rom 8:28).

Daar is wel dinge waarvoor ons verantwoordelik is. Ons Vader verwag van ons om binne die situasies wat Hy beskik, ons te bemoei met wat aan ons bekend is. Wat ons weet, en wat helder en duidelik is, is dat ons God en ons naaste moet liefhê soos onsself (Deut 6:4-5; 30:6). Dit is ons terrein, die kring van ons verantwoordelikheid. En Hy stel ons ook in staat om hierdie wil van Hom te verstaan en te doen (Deut 30:11-14; Kol 1:9). Hierdie fokus lei tot goeie spanning, ywer, inspanning en toewyding (Fil 4:8-9).

Kom ons stel ons oop vir God: Vir dit wat Hy beskik en toelaat, en vir dit wat Hy van ons verwag!

 

Gaan Na

Skakel met ons

ProudlySA

bg-004
bg-006
bg-003
bg-002
bg-001
bg-005