Menu

Radiokansel

Tuis

Radiokansel Facebook Radiokansel Twitter

A+ A A-

Sielskos

Van oorlewing na oorwinning

Deur Dr. Roelf Petersen

Die tema van hierdie uitgawe is: moenie net OORLEEF nie, maar OORWIN!
 
Josef se geskiedenis (Gen 37-45) staan uit as 'n verhaal van iemand wat krisis op krisis ervaar het, maar telkemale oorwinning oor sy omstandighede en teenslae behaal het.

Die verhaal is bekend:

Josef vervreem sy broers van hom deur skinderstories by sy pa aan te dra en met sy "voorbarige" drome te koop te loop. Hulle gooi hom by die eerste geleentheid in 'n put om te sterf, maar God beskik dat die put droog is (Gen 37:24). Daarna verkoop hulle die sewentienjarige Josef aan slawehandelaars wat hom aan Potifar, hoof van die koning se lyfwag, teen 'n wins herverkoop.

Ten spyte van sy oorlewingstryd kry hy sommer gou bevordering, maar Potifar se vrou laat hom onskuldig in die tronk beland. "Maar die Here was ook daar in die tronk met Josef (Gen 39:21)" en hy kry weer bevordering - die tronkbewaarder stel hom as toesighouer oor die ander gevangenes aan.

Terwyl hy in die tronk is, maak Josef naam as iemand wat drome, met God se hulp kon uitlê (Gen 41:16). Hierdie gawe bring hom uiteindelik voor die Egiptiese troon te staan, waar hy die Farao se drome kon uitlê. Dit maak hom binne oomblikke vry van 'n oorlewingstryd in die tronk en plaas hom in die posisie van onderkoning oor Egipte! Hy was toe net dertig jaar oud.
 
U ken die mooi toneel in hoofstuk 45 toe Josef homself bekend maak aan sy broers en hulle vergewe met die woorde " ...dis nie julle wat my hierheen gestuur het nie, maar God" ( Gen 45: 8). Vir my is die uiteindelike hoogtepunt van die verhaal opgeteken in Gen 49:22-26 toe Jakob sy seën op 'n besondere wyse oor Josef uitspreek.
 
Lees gerus weer die verhaal. Dit gaan oor iemand soos ek en jy, wat moeilikheid en terugslae beleef het, maar elke keer bo uitgekom het. Ek glo dat Josef 'n man was wat van sy struikelblokke vastrapplekke kon maak en telkemale oorlewing in oorwinning kon omskakel. Die goue draad van die storie is egter die feit dat God met hom op pad was, in die put, in die tronk, maar uiteindelik ook in die paleis.

Gaan Na

Skakel met ons

ProudlySA

bg-004
bg-006
bg-003
bg-002
bg-001
bg-005