Menu

Radiokansel

Tuis

Radiokansel Facebook Radiokansel Twitter

A+ A A-

Sielskos

Verwag die Onverwagse

Deur Dr. Roelf Petersen

Verlede jaar was finansieel nie 'n maklike jaar vir Kansel Media en selfs vir sommige van
sy luisteraars nie. Ons beraders berig van luisteraars wat hul werk verloor het en moes
spook om die pot aan die kook te hou. Daar was ook gevalle van siekte en soms selfs
desperate persoonlike omstandighede.

Dit bring ons by die vraag: Wat moet ek en jy van die Here verwag in die nuwe jaar
wat voorlê?

Ek stel voor dat ons vanjaar genoeg ruimte in ons geloofslewe vir Hom inruim sodat Hy
ons selfs in moeilike omstandighede met die onverwagse en onmoontlike kan verras!
Daar is baie verhale in die Woord wat bevestig dat ons Hom daarvoor kan vertrou. Kom
ons kyk na twee voorbeelde:

Daar is die verhaal van die weduwee se olie in 2 Konings 4. 'n Weduwee wat met baie
skuld gelaat is nadat sy haar man aan die dood afgestaan het, het die gevaar geloop
om haar enigste werklike "eiendom" (haar twee seuns) te verloor. En toe gebeur die
onmoontlike: die Here gryp onverwags deur sy profeet Elisa in en 'n wonderwerk vind
plaas. Met die enkele kruik vol olie wat sy oorgehad het, kon sy talle kruike volmaak,
die olie verkoop, haar skuld betaal en vir haar seuns sorg.

Dan is daar die verhaal in Johannes 21 van die wonderlike visvangs. Simon Petrus
en van sy mede-dissipels was gesoute vissermanne wat langs die see van Galilea
grootgeword het. Hulle het die see soos die palm van hul hand geken. Toe Jesus hulle
beveel om die net aan die ander kant van die skuit uit te gooi, moes hulle dit seker
effens skepties en met 'n mate van ongeloof gedoen het - net om verras te word en te
ervaar hoe die onverwagse gebeur! Hulle vang honderd-drie-en-vyftig visse met een
trek van die net!

Geloofsgroei kom deur geloofswaagmoed. Slegs wanneer ons bereid is om in die
geloof te waag en te onthou dat God die onmoontlike kan doen, kan Hy ons verras.
Ons hier by Kansel Media vertrou Hom in hierdie nuwe jaar vir Sy verrassings!

En jy?

Gaan Na

Skakel met ons

ProudlySA

bg-004
bg-006
bg-003
bg-002
bg-001
bg-005