Menu

Radiokansel

Tuis

Radiokansel Facebook Radiokansel Twitter

A+ A A-

SASOSTWFTPage

Die Woord vir Vandag

Psalm 51:16 NLV 
2018-12-17Geskryf deur Bob en Debby Gass
Ontwikkel 'n dankbare hart
'n Dankbare hart sien elke dag as 'n geskenk. Dis soos 'n magneet wat oor jou dag swiep en redes om dankbaar te wees bymekaar maak. Dit dank God vir die wonderwerk van spiere wat jou oë in staat stel om hierdie woorde te lees en jou brein om hulle te prosesseer. Dit dank God vir longe wat elfduisend liters lug elke dag kan in- en uitasem. Dit dank God vir 'n hart wat omtrent drie biljoen keer in jou leeftyd sal klop en vir 'n brein wat 'n elektriese kragopwekker en 'n superrekenaar van krag is. Dit dank God vir konfyt op jou brood en melk oor jou pap. Vir die kombers wat jou warm hou en die grappie wat jou laat lag. Vir die duisende vliegtuie wat nie vandag geval het nie. Vir die mans wat nie ontrou aan hulle vrouens is nie en vir die vrouens wat nie hul mans sleg behandel nie. Vir die kinders wat, ten spyte van enorme druk om hulle ouers nie te eer nie, besluit om dit tog te doen. Dis wanneer jy jouself oor die goeie dinge verbly, wat jy deur die slegte dinge kom. "'n Vrolike mens is soos goeie medisyne..." (Spreuke 17:22 NLV). Dankbaarheid is 'n houding wat jy kies, nie 'n reaksie op jou omstandighede nie. '...In die nag waarin Jesus verraai is, het Hy brood geneem en nadat Hy God gedank het, het Hy dit gebreek...' (1 Korintiërs 11:23-24 NLV). Die woorde 'verraai' en 'dank' is in dieselfde sin en in dieselfde hart. Op die nag wat Jesus verraai is, het Hy dank betuig. Jy kan dit doen wanneer jy weet dat God in beheer is, jou treë rig en alles ten goede vir jou laat uitwerk.
Deel hierdie op Twitter | Deel hierdie op Facebook
Skakels na Bybelverse:You Version
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Teken in

Gaan Na

Skakel met ons

ProudlySA

bg-004
bg-006
bg-003
bg-002
bg-001
bg-005