Menu

Radiokansel

Tuis

Radiokansel Facebook Radiokansel Twitter

A+ A A-

Help Mosambiek... wat is die vordering?

Tussen Radiokansel en Radio Kaapse Kansel is daar ongeveer 300 bokse met klere en kos plus nog meer water ingesamel.

Ons wil die luisteraars diep uit ons harte bedank vir hulle skenkings. Die goedere het behoorlik ingestroom en dit het personeel drie dae geneem om als te verpak. Dit het ons wildste verwagtinge oortref! Daarby is daar al meer as R80 000 inbetaal vir die 'Help Moz' projek, sonder dat ons vir 'n enkele sent gevra het.

Op 3 Mei 2019, het die weermag Radiokansel besoek om al die goedere te laai en na Mosambiek te vervoer. Die goedere is op 13 Mei veilig in Beira afgelewer.

Die goedere word tans onder die inwoners versprei. Die Nhandanga afleweringspunt is die verste wat mens per voertuig kan beweeg. Drie gemeenskappe het per voet soontoe gereis om goedere te ontvang.

Van daar af terug na Inchope en verder Oos na Nhamatanda waar ons die pastore ontmoet van Mbimbir 65km in die vloedvlaktes. Hierdie dele kan steeds nie per voertuig bereik word nie, so elke sak sal per fiets of motorfiets aangery word. Die pastore vertel dat dit nog baie swaar gaan daar.

Hierna ry ons met 'n baie lang ompad om by die Siracikua gemeenskap te kom. Hierdie is ook die verste punt wat ons te voertuig kan kom. Twee ander groepe het te voet soontoe gekom en sal met fietse hul goedere verder dra. Hierdie mense is verskriklik arm!

Gaan Na

Skakel met ons

ProudlySA

bg-004
bg-006
bg-003
bg-002
bg-001
bg-005