|
Lees: Openbaring 2:18-29 |
|
| 9/8/2010 |
| Geloof en volharding |
Christus sien vier dinge raak ten opsigte van die gemeente in Tiatira: (1) Liefde. (2) Geloof. (3) Diensvaardigheid. (4) Volharding. Liefde en geloof is van toepassing ten opsigte van die begronding van die gelowige se geloofslewe. Diens en volharding staan weer in verband met die praktiese dade van die Christen. Beide liefde én geloof bepaal die gelowige se diens en volharding. Diens is eers werklik Christelike diens as dit in geloof en liefde gedoen word. Volharding is ook eers werklik Christelike volharding as dit in geloof en liefde gedoen word. As Christentiener sal jy moet besef dat jy nooit sal kan volhard of diensvaardig wees as jy God nie liefhet en in Hom glo nie. As jy in jouself vind dat daar nie by jou die begeerte is om te volhard in wat die Here in sy Woord vir jou sê nie, sal jy moet besef dat daar iets skort met jou geloof in God en jou liefde vir die Here.
|
Lees elke dag jou nuwe dagstukkie!
(met erkenning aan die slingervel)
|