|
Teks: 1 Samuel 1:20 |
|
| 9/8/2010 |
| Gesoek: ’n welgeskape seuntjie |
Lees: 1 Samuel 1:9-20
Soms verskyn daar in ’n koerant ’n berig – Gesoek: mnr. J Burger. Dan is dit familie wat na die sekere persoon soek. Hanna kon dalk ook so ’n advertensie in die koerant geplaas het. Gesoek: ’n welgeskape seuntjie. Maar sy doen dit nie in die koerant nie; sy doen dit in haar gebed tot God (vs 11). Samuel se geboorte was nie onverwags, ’n verrassing of onverhoeds nie. Sy ma het hom begeer met haar hele hart. Samuel was God se antwoord op Hanna se gebed. Dit maak baie seer om ’n ongewenste kind te wees. Jy kan sekerlik weet dat jou mamma en pappa jou begeer het en dat dit God was wat besluit het oor jou geboorte. Vra vir hulle wat was hulle wens voor jy gebore is. Dat jou geboorte ’n besluit van God was, maak jou lewe belangrik. Want nou moet jy gehoorsaam leef soos ’n kind wat God gewil het.
|
Lees elke dag jou nuwe dagstukkie!
(met erkenning aan die slingervel)
|