Luister aanlyn
Luister op DStv
Luister op jou selfoon
Volg ons op Facebook
 
Woord vir Vandag
Mattheus 15:28 NV-1983  
5/21/2012 Geskryf deur Bob en Debby Gass
Hoe graag wil jy dit hê?
Mattheus skryf: ''n Kanaanitiese vrou...het...by Hom aangekom... [en] aanhoudend geroep: "Here...My dogter is in die mag van 'n bose gees" ...Jesus antwoord: "Ek is net na...Israel toe gestuur. Dit is nie mooi om die kinders se brood te vat en vir die hondjies te gooi nie." "Dit is waar, Here," sê sy, " maar die hondjies eet darem van die krummels wat van hulle base se tafels afval." "Mevrou," sê Jesus vir haar, "jou geloof is groot! Jou wens word vervul''' (vv. 22-28 NLV). Hierdie ongelowige vrou was 'n buitestaander, tog het sy deurgedruk en gekry wat die gemaklikes in die binnekring dikwels misgekyk het. Praat van hindernisse! Eers het Jesus geweier om haar te antwoord. Toe sê Hy: 'Wat Ek het, is net vir die Jode.' Uiteindelik sê Hy: 'Dit is nie mooi om die kinders se brood te vat en vir die hondjies te gooi nie.' Die meeste van ons sou erg gekrenk weggestap het. Nie sy nie! Sy het uitgeroep: 'Ontferm U oor my.' Sy het nie gevra wat sy verdien nie, sy het uitgeroep vir wat sy nodig het! Met die gevolg dat Jesus elke hindernis verwyder het en haar gebed beantwoord het. As jy volhard, sal Hy ook dieselfde vir jou doen. Inderwaarheid het hierdie vrou vir Jesus gesê: 'Laat die kinders die brood kry, al wat ek nodig het, is die krummels.' Kerkmense raak so selftevrede dat hulle die brood afskeep, die brood mors, daaroor kla, en soms nie eens kerk toe kom om die brood te kry nie. Maar desperate mense tel die krummels op en verkry die lewe! Hulle weet as daar krag in die brood is, is daar krag in die krummels. En as 'n krummel al is wat jy kan kry, is 'n krummel al wat jy nodig het. So, wat het jy vandag van God nodig? Hoe graag wil jy dit hê?

Sielskos: Deut 14-17; Mark 10:35-52; Ps 93; Spr. 11:30-31
Skakels na Bybelverse: Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika
Teken in

 

 

 

Gaan Na
Belê in die Koninkrykswerk van God
Kontak Kliëntediens
Opdateer jou luisteraar- / kliëntinligting
Ander maatskappye wat met Radiokanse ge-assosieer word
Adverteer op die lug of aanlyn
Radiokansel Beradingsdiens
Gaan na ons aanlyn inkopie winkel
Vertroulikheidsbeleid/Bepalinge & Voorwaardes     Radiokansel © 2011. Alle regte voorbehou