Luister aanlyn
Luister op DStv
Luister op jou selfoon
Volg ons op Facebook
 
Luister na ons op jou selfoon met mWebPlayer!!
Hierdie is ‘n klein, gebruikersvriendelike web radio speler vir selfone. Dit is ‘n eenvoudige sagteware-applikasie wat ‘n MP3 musiekstroom kan speel vanaf die Internet en dit kan op enige Java-gebasseerde foon werk. Die applikasie is omtrent 150 kb groot en kan werk op enige J2ME MIDP 2.0 apparaat. Hou asseblief in gedagte dat u selfoon moet “audio/mpeg mime type” kan ondersteun om ‘n MP3 stroom te kan speel.

U kan of die sagteware na u rekenaar aflaai en vandaar dit op u selfoon installeer of u kan direk ons webblad besoek met u selfoon, navigeer na "Luister aanlyn" en kies dan die "mWebPlayer" opsie.

Laai die sagteware af na u rekenaar

  1. Dit mag nodig wees om die parameters van die selfoon se "Application manager" te verander soos volg:
    • "Program Installation: All"
    • "Certificate Check: Off"

    Raadpleeg asseblief die handstuk se gebruikershandleiding om te sien waar hierdie parameters gestel word.

  2. Kliek hier om die lêer af te laai.
  3. Maak seker u rekenaar en handstuk kan met mekaar kommunikeer. (Raadpleeg asseblief die gebruikershandleiding van jou handstuk.)
  4. Kopieer die .jad lêer na u handstuk en installeer dit.
  5. Wanneer die program suksesvol geïnstalleer is, sal dit êrens op die "menu" wees. (Op die Nokia N70 is dit onder die "My Own" lêer geïnstalleer. Raadpleeg asseblief die handstuk se gebruikershandleiding rakende die ligging van nuut geïnstalleerde programme.)
  6. Maak die mWebPlayer program oop.
  7. Volg die proses. U moet nou bevestig dat u die Internet nou gaan gebruik.
  8. Nou is die program oop.
  9. Op die spyskaart, kies "Radio List". Druk die — aan die onderkant van die skerm.
  10. Nou is "Radio Pulpit - Radiokansel" heel bo. Druk die — aan die onderkant van die skerm om dit te kies.
  11. Die speler sal nou na die Internet konnekteer en begin speel.
  12. In die middel onder is daar 'n sleutel:
    • > - Maak 'n spyskaart oop waar u die speler en die volume kan beheer.
    • ^ - Stop die speler.
    • V - Maak die volume harder.
    • < - Maak die spyskaart toe.

     

Gaan Na
Belê in die Koninkrykswerk van God
Kontak Kliëntediens
Opdateer jou luisteraar- / kliëntinligting
Ander maatskappye wat met Radiokanse ge-assosieer word
Adverteer op die lug of aanlyn
Radiokansel Beradingsdiens
Gaan na ons aanlyn inkopie winkel
Vertroulikheidsbeleid/Bepalinge & Voorwaardes     Radiokansel © 2011. Alle regte voorbehou