Aanlyn Kunsveiling: Ontmoet die kunstenaars

Written by on 17 Nov 2020

Met die Happy People & Radiokansel aanlyn kunsveiling wil ons nie net kunstenaars ondersteun in ‘n tyd waarin die meeste sukkel om finansieel te oorleef nie, maar dit is ook ‘n geleentheid vir jou om ‘n Kersgeskenk te koop wat sal aanhou gee, en daarby ook die onderwys in Suid-Afrika sal help verbeter.

Vandag stel ons jou bekend aan sommige van die kunstenaars wat aan die geleentheid deelneem. Jy kan registreer deur hierdie vinnige vraelys in te vul. Die kunswerke is vanaf 30 November tot 13 Desember 2020 te sien.

Die kunstenaars wat uitgestal gaan word, sluit in: Juweliersontwerper en Tsogo Sun se 2017 Entrepreneur van die jaar, Nqobile Nkosi; Michael Unga Ekandji, ‘n kunstenaar van die Demokratiese Republiek Kongo wat tans as vlugteling in Suid-Afrika woon. Christiaan Snyman, ‘n internasionaal bekende operasanger en kunstenaar.

Innocent Manjengenja, ‘n klipbeeldhouer wat die inspirasie vir sy werk uit die antieke Shona-kulturele beeldhouwerk uit Zimbabwe vind. Casimir Balibié Bationo (CasziB) bly tans in Parys en is ‘n hedendaagse skilder wat in Adjamé (Ivoorkus) gebore is, afkomstig van die Lélé-stam uit Noordwes van Burkina Faso. Ons het ook ‘n krale-ontwerper, Busi Mahali, van Gugulethu, Kaapstad. Latifat Obanigba, ‘n Brits-Nigeriese kontemporêre kunstenaar wat in Londen gebaseer is, om maar net ‘n paar te noem.

Jy kan die volledige brosjure met inligting oor die kunstenaars en hul kunswerke hier aflaai.

Ons wil jou graag aanmoedig om aan hierdie wonderlike inisiatief deel te neem. Versprei asseblief die nuus en nooi vriende en familie om deel te neem.

Kontak Happy People deur ‘n e-pos aan info@happypeople.co.za te stuur, of stuur ‘n WhatsApp na 072 449 1736 om jou aanlyn sitplek te bespreek. Jy kan ook ‘n SMS met die woord ‘HAPPY’ na 37871 stuur vir meer inligting. Standaard tariewe geld.


Current track

Title

Artist

Background
Radiokansel 657AM