2021-02-27

Fokus op die oplossing, nie die probleem nie

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Jesaja 30:15 NLV

Soos probleme in jou verhoudings opduik, sal jy geforseer word om 'n vertaler, onderhandelaar, diplomaat en vredemaker te wees. Goeie kommunikasievaardighede is altyd noodsaaklik. Niks is meer frustrerend as om misverstaan, verkeerd gehoor, geïgnoreer of verkeerd opgevat te word nie.

Om daaroor te praat is egter nie altyd die antwoord nie. Soms bekragtig dit die probleem. Ons fout is dat ons dikwels te veel oor die kwessie praat, in plaas daarvan om stil te wees en op 'n oplossing te fokus. God het vir jou die gawes gegee om die situasie te verander. Moenie net daaroor praat nie, doen dit!

As ons woorde verkeerd gebruik of uit ons beurt praat, kan dit ons van 'n oplossing weglei wat ons andersins sou gesien het. Jakobus sê vir ons dat die dinge wat ons sê groot mag het, wat tot vernietiging kan lei: 'So is die tong ook iets kleins, en tog kry dit groot dinge reg. 'n Klein vuurtjie kan 'n groot bos aan die brand steek' (Jakobus 3:5 NLV). Net ons stemtoon kan die gesprek tot 'n woedende vuur stook! Moenie die persoon wees uit wie se mond vlamme kon nie. Tem jou tong. Ons gesprekke moet met genade deurspek wees (sien Kolossense 4:6). Praat op 'n positiewe manier, want God is steeds op die troon en Hy het 'n plan. Dit verg dikwels stilte en versigtige besinning om toepaslik te reageer.

Soms is dit beter om net stil te bly. Wanneer jy angstig is, is die kans goed dat jy te veel sal praat. Wanneer jy kwaad is, sal jy die situasie vererger. Wanneer jy aggressief is, sal jy verloor, in plaas daarvan om te wen. Die Bybel sê: '...Deur stil te raak en te vertrou, sal julle sterk word...' Dis 'n skriftuurlike beginsel wat altyd werk.

Sielskos: Gen 28:1-30:24; Matt 19:1-14; Ps 66:1-12; Spr 6:20-22

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord



Current track

Title

Artist

Background
Radiokansel 657AM